|
|
Praktiese beleggingsadvies: Maak 'n studie van die maatskappy
10:26 (GMT+2), Tue, 05 June 2012
|
|
|
LEEFSTYL NUUS - Die mikpunt van 'n belegging in 'n maatskappy (en derhalwe in sy aandele) is 'n hoë opbrengs op die kapitaal daarin belê asook om verdere beleggings daarin te maak en selfs beter opbrengste op die nuwe kapitaal te verdien.
Aangesien 'n aandeelhouer minder sekerheid het van sy opbrengs op kapitaal as 'n renteverdiener, is eersgenoemde uiteraard nie bereid om aandele in 'n maatskappy te koop tensy daar 'n redelike vooruitsig van 'n aansienlike hoër opbrengs bestaan as met 'n rentedraende belegging nie.
Die aandelebelegger soek dus voldoende vergoeding vir sy groter risiko en onsekerheid. Dit verg dus deeglike studie en analise van 'n maatskappy alvorens van sy aandele gekoop word. Daar bestaan verskeie benaderings tot die seleksie van geskikte aandele, maar vir doeleindes van 'n langtermynbelegging word die volgende hoofsaaklik kwalitatiewe strategie aan die algemene belegger voorgestel wat persoonlik een van die eenvoudigste dog ook baie effektiewe maniere bevind is om 'n potensiële belegging te evalueer:
'n Deeglike kennis van die maatskappy is noodsaaklik
Hoe maak dit geld? Watter produkte en/of dienste word gelewer, verstaan die tipe, bronne en verkryging van grondstowwe, die produksieprosesse en wie is die tipiese verbruikers en deur welke verspreidingskanale en afsetpunte word hulle bereik.
Kyk na die intensiteit en beskikbaarheid van arbeid,ens. 'n Goue reël in hierdie verband is om nie in 'n besigheid te belê wat u nie verstaan nie.
Raad van direkteure en bestuur
'n Dinamiese, ervare, kundige en gebalanseerde direksie en bestuurspan is die siel van enige suksesvolle maatskappy, want hierdie persone neem die strategiese besluite wat bepalend vir die lot van die maatskappy is. Kritiese beoordeling van hierdie twee spanne is dus van oorwegende belang in 'n besluit omtrent 'n belegging in enige maatskappy.
Gaan dus die agtergrond, opleiding en ondervinding asook vorige diensrekord van die voorsitter en visevoorsitter van die direksie en die hoof uitvoerende beampte, hoof finansiële beampte en hoofde van departemente deeglik na. Is u tevrede om u belegging in hulle sorg te laat met die oog op die langtermyn? Hierdie inligting kan meesal uit vorige
maatskappyjaarverslae, persberigte, maatskappy-webwerwe, radio-onderhoude met die betrokke persone, gesprekke met aandeelhouers en in persoonlike gesprekke met die betrokke individue verkry word.
Die sakefilosofie van direksie en bestuur moet ook in ag geneem word en dat hulle die bewaarderskap van die aandeelhouers se belange altyd moet vooropstel in teenstelling met eiebelang waar hulle miskien maksimum wins op korttermyn ten koste van langtermyn volhoubaarheid najaag met die doel om byvoorbeeld prestasiebonusse teen jaareinde te maksimeer. Kontinuïteit in bestuurspan kan ook 'n groot rol speel in voortgesette winsgewendheid. Waar herhaaldelike wisselinge voorkom moet die redes daarvoor vasgestel word. In sekere gevalle sal dit wenslik wees om liewer elders te belê. In ander gevalle kan 'n bestuursverandering weer baie positiewe resultate lewer.
Die industrie waarin die maatskappy meeding
Beoordeel die groeimoontlikhede in die betrokke sakesektor. Dit is moontlik dat 'n goeie maatskappy swak kan presteer in 'n swak bedryf en omgekeerd. Ondersoek die beperkings en geleenthede in die bedryf soos dalende aanvraag, sakesiklusse, regulering van owerheidsweë, moontlikhede vir nuwe produkontwikkeling, moontlike oornames,en dies meer.
Koste van toetrede tot 'n industrie
Hoe hoër die toetredingskoste tot 'n bedryf hoe groter is die natuurlike voordeel vir bestaande maatskappye wat daarin meeding. Vergelyk byvoorbeeld 'n loodgietersonderneming met 'n bevrore voedselmaatskappy waar laasgenoemde massiewe kapitaalbesteding aan toerusting, koelkamers, gespesialiseerde verkoelde distribusie ens. vereis.
Volgende week bespreek ons nog krities belangrike aspekte wat jy moet bestudeer om jou kennis van 'n potensiële beleggingmaatskappy op te skerp: Markaandeel, unieke verkoopsvoordele, handelsmerke, vergelyking met mededingers (plaaslik en oorsee), kwaliteit van produkte en dienste, nismarkte en buitelandse markte.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 33.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 45.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 50.
|
|
|
|
|
|
|