George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Agri vra veediefstal-samewerking
11:30 (GMT+2), Fri, 01 June 2012
Agri vra veediefstal-samewerking
Waar boere se diere nie gemerk was nie, het Justisie die afgelope tyd nie eens die sake hanteer nie.
LANDBOU NUUS - Landbouers is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se veediefstaleenheid versoek om voortaan te sorg dat daar op elke plaas 'n veeregister sal wees, waarin veegetalle duidelik aangetoon word. Hierdie getalle moet ook gereeld bygewerk word.

Die versoek kom van Piet Lodder, hoofbestuurder van Agri Klein-Karoo, wat onlangs met die veediefstaleenheid en lede van verskillende SAPD stasies se ondersoekeenheid vergader het.

Lodder sê die departement van justisie maak dit tans baie moeilik vir die veediefstaleenheid om hul werk in die hof te bekragtig. Verskeie tekortkominge in die ondersoekwerk van die SAPD word telkens gebruik om die prosesse te verlangsaam en selfs uit die hof te gooi.

Dit sluit in dat geen bewyse van veegetalle bestaan nie. Volgens die hof word veegetalle en datums van oortredings deur voormanne op plase geraai en onakkurate inligting vertraag prosesse ten gunste van beskuldigdes.

Merk van diere
Waar boere se diere nie gemerk was nie, het Justisie die afgelope tyd nie eens die sake hanteer nie. Hulle argument, en volgens Lodder tereg ook so, is dat hulle nie kan bewys wie se diere dit is as hulle nie gemerk is nie.

Bywoning van sake

Lodder wys daarop dat daar net eenvoudig te veel veediefstalsake op die hof se rol is waar die proses sy gang gaan, maar sodra die saak in die hof is, onttrek die klaer/klaagster. Dit is tyd- en geldvermorsing.

"Verder is dit ook nodig dat ons teenwoordig moet wees tydens vonnisoplegging om te verseker dat behoorlike strawwe gegee word. Ek besef dat tyd nie altyd aan ons kant is nie, maar ons sal van Agri Klein-Karoo se kant af, met justisie onderhandel om dit in ag te neem wanneer sake op die rol geplaas word." het hy gesê

Hy het boere versoek om aan die sake aandag te gee ten einde die werk van die SAPD op plase meer doeltreffend te maak en te verseker dat misdaad bekamp word en afneem.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
State's role in Western Cape labour unrest needs further clarificaiton
Landbou-kompetisie vir vroue
Veiling 'n eerste vir George
Reëls wat jou lewe kan red
Farming meetings for De Doorns
Archive
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 55.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 31 and 41.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms