George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Toer droom bewaarheid vir Parkdene Primêr koor
11:44 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
Toer droom bewaarheid vir Parkdene Primêr koor
Parkdene Primêr se junior koor gaan eersdags op toer na Pretoria. Hulle stel hul tweede CD hierdie Sondag bekend en oefen hard saam met Juff Janine Botha (links). Fotos: LeeAnne Pratt
GEORGE NUUS - Die junior koor van Parkdene Primêr is baie opgewonde...hulle gaan eersdaags op toer na Pretoria!

Maar eers is daar die bekendstelling van hulle tweede CD Die pad na Pretoria hierdie Sondag 3 Junie om 14:00 in Parkdene Primêr se skoolsaal. Michael Lindt tree op saam met die kinders as voorsanger en juffrou Janine Botha sê hy is wonderlik met die kinders.

Vir meeste van die 60 lede, almal in grade 3, 4 en 5 is dit die verste en langste wat hulle weg sal wees van die huis. Die toer is van 30 Julie tot 6 Augustus.

Die koorkinders gaan optree saam met Oosteind Laerskool, Monumentpark Laerskool en die Jakaranda-kinderkoor voordat hulle besoek afsluit met 'n optrede by die Skuilkranskerk. Mereldene Pikaan (gr. 3) sê haar gunsteling koorliedjie is Witbroek en haar maatjie Bronwyn Davids se hare is liewer Boude.

Daar is ook die opvoedkundige besoeke aan die Pretoria-dieretuin, Goldreef City en die Staatsteater waarna hulle kan uitsien. Vir Shandol Jansen (gr. 5) is hierdie die deel waarna hy die meester uitsien. Nog 'n gr. 5-leerder, Bevenicia Baardman bevestig sy gaan help om gedurende die toer na haar jonger koormaatjie om te sien.

Maar daar is baie harde werk ingesit om hierdie toer moontlik te maak.

Koorouers het verskeie projekte aangepak het, verkope by die skool gehou en borge vanoor die hele land genader om hulp. Die Van Geel Groep het ook finansiële ondersteuning gegee. Juf. Botha sê ook dat Michael ontsettend baie gehelp met die maak van die CD wat opgeneem is deur Rene Piet. Jak en Joke van Geel, en Gerde van den Berg het finansieel gehelp met die maak en verkope van die CD in Nederland en "op so 'n manier is 'n groot deel van die toer ook betaal," sê Juf. Botha.


Oefen, oefen, oefen! Die juniorkoormaatjies van Parkdene Primêr oefen elke Vrydagmiddag vir hulle toer na Pretoria.

FOTO'S EN ARTIKEL: LEEANNE PRATT, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Behind the scenes at the Cannes Film Festival
Damesoggend met Lizz Meiring
Career women are artists at heart
Michael Lindt on 'Noot vir Noot'
Cowboys and their gals in 'Annie get your gun'
Die koningin van kortverhale
Programme highlights
Musiek Montage is bekoorlik
Local dance studio goes stellar
Organ recital
Archive
Men
Women
Search
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 37.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 50.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms