|
|
Rampskade van 2007 kry aandag
08:30 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
|
|
|
LANDBOU NUUS - Lede van Agri Klein-Karoo het met waardering kennis geneem dat gesprekke oor die rampskade wat tydens die 2007 vloed in die Langkloof aangerig is, steeds die aandag van die owerhede geniet.
Volgens Piet Lodder, hoofbestuurder van Agri Klein-Karoo het 'n afvaardiging van verskeie afdelings van die departement landbou, bosbou en visserye die gebied op 3 en 4 Mei besoek.
Lodder benadruk egter dat daarop gelet moet word dat, ten spyte van werk wat grondeienaars reeds gedoen en laat doen het, daar geen waarborg vir befondsing is nie.
"Ons wil dit duidelik stel dat geen verwagtinge by lede gevestig moet word nie. Wat vir ons as lede van belang is, is die feit dat die proses nog aan die gang is en ons moet ons dank uitspreek aan al die lede van die verskeie departemente, wat die moeite gedoen het om ons te besoek en werklik empatie met ons situasie getoon het."
Hy het ook gesê dat André Roux en Callie van den Heever van Wes-Kaapse departement landbou en landelike ontwikkeling, asook oom Kosie van Zyl en Johan Pienaar van Agri SA deel was van die besoekende groep.
Dave Hodgson van Avontuur Boerevereni-ging het die afvaardiging, wat die skade van nader bekyk het, vergesel.
Verskeie plase is besoek om eerstehands die effek van die vloed en die gevolglike skade uit te wys.
Na afloop van die toer deur die Langkloof is daar in George vergader om oor sekere beginsels ooreen te kom oor die pad vorentoe. Daar is as volg ooreengekom:
- Die groep is dit eens dat die 2007 vloed 'n ramp was.
- Sekere basiese aanpassings sal gemaak word aan die oorspronklike voorlegging vir rampbystand, ten einde voorsiening te maak vir inflasie aanpassings sedert 2007.
- Hierdie aanpassing sal deurgegee word aan die nasionale departement landbou, bosbou en visserye.
- 'n Proses sal dan begin word deur rolspelers om te poog om befondsing te kry Sou befondsing gekry kan word sal 'n proses begin word om prioriteite daar te stel, waarvolgens hulp verleen sal kan word en
- Lede sal dienooreenkomstig ingelig word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 45.
I'm a 56 year old man looking to meet women between the ages of 46 and 66.
I'm a 53 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 53.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 58.
|
|
|
|
|
|
|