|
|
|
|
Marlize Stiglingh wat ‘n nuwe verpleegkundige gedrewe gesondheidsklinik in Heidelberg Apteek open op 4 Junie.
|
SUID-KAAP SAKE NUUS - Marlize Stiglingh, reeds die afgelope agt jaar woonagtig op 'n plaas in die Heidelberg-distrik (waarvan sy ses jaar werksaam is by Swellendam hospitaal en PGS kliniek) open 'n verpleegkundige gedrewe gesondheidskliniek in Heidelberg Apteek op 4 Junie 2012.
"Ek is van jongs af geroep om as versorger te funksioneer en my visie word aangevuur deur my passie en liefde vir mense en gesondheidsorg. Ek glo die Here het hierdie droom oor my pad gebring om my doel in die lewe te verwesenlik en sodoende 'n verandering in mense se lewens te bring al dit hoe gering," vertel Marlize.
Sy is oorspronklik vanaf Goodwood, in die Wes-Kaap, waar sy gematrikuleer het by JG Mering. Daarna het sy gaan studeer en is werksaam in die staatsdiens se gesondheidsdienste vir die afgelope sestien jaar. Sy is gekwalifiseerd as geregistreerde verpleegkundige met kraam, psigiatrie, gemeenskapsorg en algemene verpleegkunde. Marlize het addisionele kwalifikasies in verpleegwetenskap as praktisyn in gesondheidsassessering, diagnosering en behandeling, verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch.
Die kliniek sal onafhanklik van die apteek funksioneer en kliniektye sal voorlopig Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:30 tot 12:00 wees.
Die dienste wat diekliniek sal aanbied, sluit in:
Moeder en kindersorg, waaronder gesinsbeplanning, voorgeboortesorg, borsvoe-dingshulp, groei monitering en vitamien-aanvullings by babas en kinders, immunisasies, en papsmere (2013); hantering van geringe ongesteldhede; gesondheidsmonitering byvoorbeeld bloeddruk-, suiker- en cholesterol-metings; asook wondsorg en verwydering van steke en 'clips'.
Vir die openingsmaand word gratis groeimonitering van babas en kinders aangebied, insluitend gewig, vitamien A-aanvulling, groei evaluering en roetine ontwurming.
|