Sportraad vergader
09:00 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Die algemene jaarvergadering van die SWD-sportraad vind binnekort op George plaas en 'n beroep word op klubs gedoen om dit by te woon.
Die vergadering vind op 8 Junie vanaf 18:00 in die Protea King George Hotel plaas en alle provinsiale sportfederasies wat nie alreeds geaffilieer is en nog nie kennis gekry het nie, kan met Dave van der Walt by 082 773 4901 skakel.
Volgens die sekretaris, Dave van der Walt, is dit belangrik dat die SWD-sportfederasies die vergadering bywoon aangesien daar heelwat belangrike sake is wat alle liggame en lede raak.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|