|
|
Fancourt-staking steeds in ruveld
05:00 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Stakende Fancourt werknemers en lede van die vakbond Saptu dans en sing voor Fancourt se hoofingang in ‘n poging om beter salarispakette te beding. Foto: Christo Vermaak
|
GEORGE NUUS - Die Fancourt-gholflandgoed se onderhandelings met van hul werknemers om salarisverhogings mis steeds die putjie.
Werknemers verbonde aan Saptu (vakbond vir semistaats- en tersiëre instellings) het verlede Vrydag begin staak voor Fancourt se hoofingang. Vroeg Vrydagoggend het ongeveer 200 stakers singend en dansend met plakkate hul ontevredenheid oor hul vergoeding duidelik gemaak. Aanvanklik het hulle 'n 10% loonverhoging, 'n vervoertoelaag en 'n 13de tjek geëis.
Die organiseerder van die staking, Clarence Mtyenete (Saptu se provinsiale organiseerder) het met aanvang van die staking aan die George Herald gesê hulle sal aanhou staak tot Fancourt se bestuur toegee aan hul eise.
Gisteroggend het Carl Reinders, Fancourt se bemarkingsbestuurder, gesê hulle het Dinsdag met afgevaardigdes van Saptu vergader maar steeds nie tot 'n vergelyk gekom nie. Hy het bevestig dat Saptu hul salariseis na 8% verlaag het en volstaan by die vervoertoelaag en 'n 100% dertiende tjek. "Ons as Fancourt hou by ons 5% aanbieding in salarisverhoging en 'n gewaarborgde 50% dertiende tjek. Saptu het dit nie aanvaar nie en die staking gaan voort," het Reinders gesê.
Reinders sê van hul voertuie is verlede Vrydagoggend in Thembalethu deur werknemers van Fancourt met klippe gegooi en erg beskadig. Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het as volg gereageer op die bewerings: "Die polisie se openbare orde-polisiëringseenheid is Vrydagoggend ontplooi in Fourways, Thembalethu na aanleiding van 'n klein groepie werknemers van Fancourt wat wou betoog. Volgens ons rekords is daar geen voorvalle aangemeld nie, hoewel twee van die werkgewer se voertuie beskadig is. Die skare is later, voor 08:00, vreedsaam uitmekaar."
*Employees of Plattner Golf Pty. Ltd. who are members of the Saptu trade union, went on strike last Friday. They demand an 8% wage increase and a guaranteed 100% 13th cheque.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 18 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 20.
I'm a 28 year old man looking to meet women between the ages of 22 and 35.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 56.
I'm a 25 year old woman looking to meet men between the ages of 27 and 45.
|
|
|
|
|
|
|