George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Jones in hof oor huis
07:00 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
Jones in hof oor huis
Raadslid Henry Jones
GEORGE NUUS - 'n Plaaslike raadslid bevind hom tans midde-in 'n hofgeding nadat hy glo 'n vrou toestemming gegee het om by 'n huis in te trek sonder om die regmatige eienaars in die saak te ken.

Mnr. Henry Jones, portefeulje-raadslid vir behuising by die George-munisipaliteit, het blykbaar in sy hoedanigheid as raadslid toestemming aan me. Latoya Booi gee. Hy en die George-munisipaliteit word saam met Booi gelys as respondente op 'n aansoek vir 'n uitsettingsbevel wat verlede maand by die hof ingedien is. Die dokumente vir die aansoek is vandeesweek op die respondente beteken.

Die saak dien op 19 Junie weer in die George-siviele hof voor landdros Essel.

Die drie applikante is mnre. Elroy van Rooyen, Benjamin Olifant en me. Melissa Olifant.

Die huis ter sprake is geleë in Woltemadestraat, Rosemoor en het voorheen aan mnr. Jono John Moni en mev. Lena Moni behoort. Die egpaar, wat binne gemeenskap van goedere getroud was, is onderskeidelik in Januarie 2007 en Desember 2011 oorlede.

Van Rooyen, ook die eksekuteur van die boedel en 'n prokureur by Roux Prokureurs, voer in sy aansoek aan dat Benjamin en Melissa Olifant die huis by mev. Moni geërf het.

Luidens die aansoek het mev. Moni die huis in haar laaste testament nagelaat aan Benjamin en Melissa Olifant. Booi, mev. Moni se stiefdogter, word nie as erfgenaam genoem nie.

Wyle mev. Moni was tot en met haar dood in 2011 die eienaar. Ná haar dood het eienaarskap oorgegaan na die Olifants en was hulle in besit daarvan tot en met 19 Januarie.

Ná groot ontevredenheid oor eienaarskap van die eiendom is 'n vergadering met die betrokkenes, Van Rooyen en Jones gehou waartydens Jones me. Booi toestemming gegee het om die huis te betree, "omdat hy so 'n besluit kan neem in sy hoedanigheid as portefeulje-raadslid by die George-munisipaliteit".

Van Rooyen het Jones gewaarsku dat die eiendom wat ter sprake is nie munisipale eiendom is nie en dat die George-munisipaliteit nie besluite met betrekking tot privaat eiendom kan maak nie.

Hy voer nou ook aan dat indien dit nie vir Jones se optrede was nie, Booi nooit die eiendom sou betree het nie.
Die applikante het kort ná die vergadering ook 'n klagte by mnr. Charles Standers ingedien en hy het beloof om Jones opdrag te gee om met Booi te praat en haar te versoek om die eiendom te ontruim, maar niks het sedertdien verander nie.
Op 28 Maart het Roux Prokureurs 'n kennisgewing aan Booi gestuur om die eiendom binne 14 dae te ontruim, waaraan sy ook nie gehoor gegee het nie. Die applikante hou Booi en Jones gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik vir die kostes van die aansoek.

Mnr. Trevor Botha, die munisipale bestuurder, het Dinsdag gesê hulle dra nie kennis van die aangeleentheid nie en is ook nie hierby betrokke nie.

"Indien die George-munisipaliteit 'n aanmaning kry om as respondent op te tree, sal ons die belange van die munisipaliteit beskerm," het Botha gesê.

* A local councillor, Mr Henry Jones, allegedly gave a woman permission to move into a house in Rosemoor without the rightful owners' consent. The rightful owners applied for an eviction notice in court last month.

ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
terence says: 31/05/2012 10:41:05
Jones is 'n ware nar!
terence says: 31/05/2012 10:40:10
Jones se aksies grens ook aan bedrog.

Please login at the top of the page.
Latest News
Minister confirms troop deployment
Kredietbeheer-afdeling skuif
Stable interest rate welcomed amidst growing market confidence
E-toll protesters disperse
Obama's drone speech welcomed in Pakistan, yemen
2 appear in KZN for rhino poaching
5 killed on Nepal mountain
Cars, schools torched in fifth night of Stockholm riots
E-toll protesters take to streets
American suspect in Czech family murder nabbed in US
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 65 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 55.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms