George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Pluimpie vir SWD Atletiek
06:00 (GMT+2), Thu, 31 May 2012
SUID-KAAP NUUS Atletiek SWD is een van die top atletiekprovinsies in die land, indien nie die beste nie is hulle baie naby aan die beste.

Met hierdie woorde het die uitvoerende hoof van ASA, mnr .Frik Vermaak, ASWD komplimente toegeswaai toe hy as gasspreker by die liggaam se jaarlikse prysuitdelingsfunksie opgetree het.

Volgens hom het ASA 'n informele kompetisie in hul hoofkantoor waartydens atletiekprovinsies in totaliteit onder die loep geplaas word. So word alle aktiwiteite van atletiek soos steun aan atlete, ontwikkelings-programme en die administratiewe funksies in ag geneem.

Tans loop Atletiek SWD voor in die kompetisie en dit sê baie as in ag geneem word hoeveel provinsies daar in die land is.
Vermaak het gesê dat atletiek baie meer op 'n troontjie geplaas moet word en dat 'n omgewing geskep behoort te word waarin atlete hul beste moontlike prestasies kan behaal.

"Atletiek kan nie in isolasie beoefen word nie en moet atlete in staat stel om hul drome na te jaag. Die sportsoort behoort nie om politiek en binnegevegte te draai nie, maar oor die ontwikkeling van atlete en almal wat betrokke is.

"Atlete en beamptes moet 'n droom hê wat ver buite die grense van die land lê. Atlete, afrigters en beamptes moet kan vorder en weet waarheen hulle werk. Die internasio-nale arena behoort hul doelwit te wees," het hy gesê.

Volgens Vermaak is daar verskeie atlete in Suid-Afrika wat dit hul erns maak om by die Olimpiese Spele te presteer. Hy is van mening dat daar meer as twintig atlete na die Spele kan gaan en dat verrassings deur Suid-Afrikaners nie uitgesluit is nie.

Hy sê dat ASA verskeie projekte in plek het om atletiek in Suid-Afrika te bevorder. So het die liggaam reeds groot sukses behaal met atletiek vir kinders asook straatatletiek wat 'n baie nuwe konsep is en van meet af groot hoogtes bereik het.
"Hierdie voetsool-atletiek het met een byeenkoms in 'n township in Gauteng meer as 10 000 toeskouers gelok. Dit wys dat daar 'n honger is vir kompetisie en veral atletiek," het hy gesê.

Ons gaan straatatletiek na die provinsies uitrol, want na alles is atletiek die moeder van alle sportsoorte, want feitlik geen sportsoort kan beoefen word sonder dat daar gehardloop word nie.

ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Athletics News
Toring-tot-toring-gedenkwedloop
Club to support Falcao's decision
ASA provinces call for meeting
Brit hero facing 'biggest challenge' since
SWD-span vir SA 10 km-kampioenskappe
OCA urgest IOC to ignore suspended Indian officials
110 m record will be lowered soon
Greenwood withdraws from Comrades
Able Sport Akademie help kinders
Personal best for Meyer
Archive
Latest Sport
Lleyton Hewitt, Andreas Seppi beaten at Nice Open
Davies to captain Wales in Japan
No place like home as Gilbert targers maiden win
Toring-tot-toring-gedenkwedloop
England unchanged for second test vs New Zealand
England coach Hodgson: "German footbal incredibly strong"
Royal Trophy set for China debut
Ernie Els Primary School Championships
Rio victory a dream come true
Indonesia advance to Sudirman quarters
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 63 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 58.
I'm a 51 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 48.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms