|
|
Hantering van onwettige plaas-intrekkers: hoe nou gemaak?
08:45 (GMT+2), Tue, 29 May 2012
|
|
|
LANDBOU NUUS - 'n Landbouer het onlangs op een van die landboublogs raad gevra oor probleme met mense wat sy arbeidershuise beset het, nadat hulle ingebreek het om in te kom en nou weier om uit te gaan. Die polisie weier om op te tree en sê dat dit landbou se probleem is en dat die boer by hulle moet kla.
VRAAG:
"Wat staan my te doen aangesien die Departement van Landbou ook niks doen na my klagte daaroor nie. Op die stadium kan my werkers nie in die huise bly nie. Wat is my regte en hoe moet ek die saak hanteer?"
Op dieselfde blog het 'n regskenner, Butch van Blerk van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville, Kaapstad, so geantwoord:
"Indien die persone werknemers was wat voorheen by u in diens was, sou die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyf-reg van 1997 (ESTA) op hierdie onwettige verblyf van toepassing wees.
"Volgens u aanduidings is dit nie die geval nie en is hulle plakkers wat onwettig u privaat eiendom betree en beset. Die Wet op Onregmatige Besetting van Grond, 1998 (PIE) is hierop van toepassing en die plakkers (onregmatige okkupeerders) kan slegs in terme van hierdie wetgewing deur 'n bevel van 'n Landdroshof deur 'n geregsbode van die hof van u grond afgesit word.
"Vir doeleindes daarvan moet 'n ingewikkelde aansoek deur u by die Hof gebring word, waarmee slegs 'n prokureur wat 'n kundige op die gebied is, u kan help.
Die plakkers kan nie eiehandig deur u van die wonings of grond verwyder word nie, want dan pleeg u besitsversteuring wat 'n Hof dan aan hulle terug kan gee. Dit is die moeite werd om hierdie korrekte werkswyse te volg en indien hulle uitgesit is, kan u die eiendomme behoorlik teen inbrake beskerm ten einde onregmatige okkupasie in die toekoms te verhoed. Moet onder geen omstandighede hier die reg in u eie hande neem nie."
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 57.
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 43.
I'm a 36 year old woman looking to meet women between the ages of 23 and 45.
I'm a 34 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|