George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Goue tyd kom vir landbou
14:37 (GMT+2), Mon, 28 May 2012
LANDBOU NUUS - Daar is 'n 'goue tydperk' voor die deur vir landbou. Dawie Roodt, senior ekonoom van die Efficient-groep het by die 2012 TLU SA Jongboerkonferensie gesê, wêreldwye ekonomiese groei gaan oor die volgende 50 jaar ontplof, en landbou word as 'n 'n "goue" sektor in hierdie groei beskou.

Alani Janeke berig dat Roodt meen die ongelooflike groot vraag na voedsel wat in komende jare gaan ontstaan, " beteken goeie tye lê voor vir die landbou. Een ding is seker, daar is nie meer plek vir net plein boere in Suid-Afrika nie," het Roodt gesê. "As jy nie 'n boer én sakeman is nie, gaan jy nie oorleef nie."

Belastingbetalers kry min vir geld

Roodt het gesê: "Maak seker dat jy so min moontlik belasting binne wetlike bepalings betaal." Hy meen die belastingbetaler se las is baie hoog, as in ag geneem word hoeveel waarde 'n belastingbetaler vir elke rand wat hy bestee, kry.
"As 'n mens in terme van randwaarde dit ontleed, kry 'n belastingbetaler vir elke R1 wat hy betaal, maar sowat 5c se dienste vir sy geld." Hy sê die grootste hoeveelheid belastinggeld word aan maatskaplike toelaes bestee, waarna onderwys tweede in die ry staan.

Rentekoerse laagste in 30 jaar

Wat rentekoerse betref het Roodt daarop gewys dat die staat nie 'n keuse gaan hê anders as om rentekoerse weer te verhoog nie. Die land se reële rentekoers staan tans op -0,5%, aangesien die repokoers op 5,5% staan, terwyl die Verbruikersprysindeks op 6% staan.

"Die staat gaan nie 'n keuse hê as om rentekoerse te verhoog nie, want die huidige situasie benadeel ons spaarrekening." Hy vermoed wel dat dit eers aan die begin van volgende jaar sal gebeur."

Suid-Afrika se rentekoerse is die laagste in 30 jaar, "so as jy geld wil gaan leen is nóú die tyd! Nou is die beste tyd om geld te leen om jou sake-onderneming uit te brei," het Roodt aangemoedig.

Staat bedreig die ekonomie

Volgens hom is die grootste bedreiging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie 'n staat wat nie bevoeg is vir sy taak nie. "Ons moet wel onthou dat die finansiële sektor die grootste opposisie in die land is, en hulle sal groot makro veranderings teenstaan."
Roodt voorspel dat die ontwikkelende ekonomieë teen die einde van dié jaar groter as ontwikkelde lande sal wees. Dié tendens is 'n herhaling van die geskiedenis. Hy het gesê sowat 600 jaar gelede was die ekonomieë van China, Indië en ander wêrelddele groter as Europa.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
State's role in Western Cape labour unrest needs further clarificaiton
Landbou-kompetisie vir vroue
Veiling 'n eerste vir George
Reëls wat jou lewe kan red
Farming meetings for De Doorns
Archive
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 38.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms