|
|
Ingevoerde tjips is 'n taai toffie
10:42 (GMT+2), Mon, 28 May 2012
|
|
|
LANDBOU NUUS - Die plaaslike aartappelverwerkingsbedryf bevind hom in 'n krisis weens 'n skerp toename in die invoer van bevrore aartappelskyfies vanaf Europa.
Aartappels Suid-Afrika (ASA) het onlangs die minister van landbou, bosbou en visserye en die minister van handel en nywerheid genader om aandag te gee aan die negatiewe impak wat die invoer van bevrore aartappelskyfies na Suid-Afrika inhou.
Aangesien elke rolspeler in die aartappelwaardeketting negatief geraak word doen ASA 'n dringende beroep op die regering om tussenbeide te tree om 'n volhoubare omgewing vir die plaaslike aartappelverwerkingsbedryf te skep, of vir dringende ingryping om die ineenstorting van die plaaslike bedryf te voorkom.
So wys die syfers
Die volume van ingevoerde bevrore aartappelskyfies het opgeskiet vanaf 15 460 ton in 2009, na 46 903 ton in 2010 en het in 2011 afgeplat tot 30 054 ton.
Vra vir SA aartappelskyfies
Van die 650 kommersiële aartappelprodusente in die land produseer minder as 100 aartappels onder kontrak vir die verwerkingsbedryf. Volgens ASA se bemarkingsbestuurder, Etienne Booyens word die jaarlikse totale plaaslike produksie van bevrore aartappelskyfies op 120 000 ton geraam. Daarenteen is die werklike markgrootte nader aan 150 000 ton.
"Die 2010 vlak van bevrore aartappelskyfie-invoere is gelykstaande aan 82 000 ton plaaslik geproduseerde aartappels wat deur hierdie invoere vervang word. In werklikheid is dit meer as 'n derde van die aartappelskyfies wat plaaslik verbruik word."
Invoer van aartappelskyfies ontneem werksgeleenthede.
Die gebruik van plaaslik-geproduseerde aartappels vir die vervaardiging van geprosesseerde aartappelprodukte word beraam op 435 000 ton waarvan 58% gebruik word vir die vervaardiging van aartappelskyfies. Etienne het bygevoeg dat meer as 11 400 werkers en hul gesinne, wat by die meer as 9500 ha wat vir verwerking geplant word, betrokke is hierdeur geraak word."
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 23 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 26.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 45.
|
|
|
|
|
|
|