|
|
Polisiekaptein in hegtenis geneem
14:05 (GMT+2), Fri, 25 May 2012
|
|
|
GEORGE NUUSFLITS - 'n Polisiekaptein is gister by sy werk in hegtenis geneem vir regsverydeling en intimidasie.
Die klagtes teen die kaptein verbonde aan die George-polisie spruit voort uit 'n verkragtingsaak teen 'n plaaslike taverne-eienaar wat oor Paasweek in hegtenis geneem is en die intimidasie van die slagoffer. Die voorvalle word tans op provinsiale vlak ondersoek.
Die kaptein en die verdagte is glo goed bevriend.
'n Departementele ondersoek is ook tans aan die gang nadat die verdagte oor Paasnaweek deur twee ander polisiebeamptes by die Conville-aanhoudingselle uitgeteken is, onder die voorwendsel dat hy siek was en mediese sorg moes kry.
Daar word egter beweer dat die beamptes vir verskeie ure met die verdagte rondgery het, onder andere na sy taverne en na die polisiekaptein se huis in Pacaltsdorp.
Die George Herald verneem betroubaar dat die ondersoekspan van Kaapstad gister ook die verdagte in die verkragtingsaak weer aangekeer het, saam met nog 'n onbekende man.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 32 and 45.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|