|
|
Dienslewering en omgee duur voort
13:30 (GMT+2), Thu, 24 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Oom Willem Manewil, die oudste polishouer sit trots met sy sertifikaat saam met die personeel van Riversdal/Mosselbaai Begrafnisdienste se plaaslike tak. Van links is Jobain Saayman, Pauline Herling, Dalano Esau, en Freddie Lewis (bestuurder).
|
SUID-KAAP SAKE NUUS - Riversdal / Mosselbaai Begrafnisdienste is in hul 19de jaar van dienslewering in die Riversdal en Mosselbaai omgewings.
Met dienslewering en omgee is daar die afgelope jare voortgebou op dit wat wyle Joe de Jager as sy roeping vir die gemeenskap begin het. Onder leiding van sy dogter, Yolanda Dunkerley, is die maatskappy uitgebrei tot waar dit vandag staan. Die sukses lê daarin dat die maatskappy met deernis en omgee bedryf word. Yolanda se leuse is: "'n Opgeleide persoon is 'n toegeruste persoon."
Alle polishouers is vir hul belangrik, of hul polisse groot of klein is, of die polishouer jonk of oud is, almal is vir hulle baie spesiaal. Daarom is dit vir die maatskappy 'n eer en voorreg om erkenning te gee aan hul oudste polishouer, naamlik oom Willem Manewil wat op 4 Julie 2012 sy 102de lewensjaar sal vier, indien dit die wil van ons Hemelse Vader is.
Die maatskappy het besluit om sy polis opbetaald te maak. Oom Willem het persoonlik sy polis maandeliks stiptelik kom betaal - al het hy somtyds bietjie ongemak verduur. "Dankie oom Willem, u is 'n voorbeeld vir ons almal om sorg te dra dat ons as gemeenskap self moet sorg dat ons polisse stiptelik en op datum betaal is.
Ons seënwense en gebede vergesel u vorentoe! - Nogmaals dankie oom Willem vir u getroue instandhouding van u polis en vir die voorbeeld wat u aan ons almal stel." is die boodskap wat Freddie Lewis (bestuurder) en die personeel van die Riversdal-tak aan oom Willem oordra.
Kontak ons by 028 713 2218, Kerkstraat 87, Riversdal.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Business
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 36 and 45.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 40.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 36 and 42.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 44 and 53.
|
|
|
|
|
|
|