George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Skermers hou SWD-vlag hoog
13:00 (GMT+2), Thu, 24 May 2012
Skermers hou SWD-vlag hoog
(Generiese foto)
GEORGE NUUS - Die Outeniqua-skermklub het 'n groot ranglyskompetisie vir die Wes-Kaapse streek in Bonnievale aangebied en plaaslike skermers het die SWD-vlag hoog laat wapper.

Dit was die laaste kompetisie in 'n reeks van drie wat sedert verlede Oktober plaasgevind het.

Medaljes is gewen deur Mari Folscher (eerste plek kadet dames florette; goue medalje junior dames florette; tweede plek senior dames florette), Rouxbert Louw (bronsmedalje kadet mans epeé) en Susan Agrella (Goud Senior Dames Florette en Goud Se-nior Dames Epeé).

Twee van die klub se nuwelinge, Juan Barnard en Louis Marais (albei van Punt HS in Mosselbaai) het hulle besonder goed van hul taak gekwyt in die kadet en junior mans epeé en 'n hele paar oorwinnings aangeteken. Louis het gekwalifiseer vir die uitdunrondtes en gevorder tot die kwarteindrondte.

Albei het maar 'n paar maande gelede begin skerm en slegs twee maande gelede begin met epeé.

Ook Rouxbert Louw het sommer in sy eerste toernooi in die epeé-kategorie reeds 'n medalje losgeskerm.

Albert Nothnagel het hom ook goed van sy taak gekwyt in die junior en senior florette-afdeling en het onderskeidelik sesde en sewende geëindig uit 'n groep van 18. Dit is merkwaardig as in ag geneem word dat die eerste vyf skermers in die junior en senior groep almal onlangs in Rusland aan die Junior Wêreldkampioenskappe deelgeneem het.

Die medaljes wat uitgedeel is, is gemaak deur 'n plaaslike kunstenaar wat dit uit draad en glaskrale gemaak het. Dit het bestaan uit 'n sirkel met 'n blaar in die middel en het baie positiewe kommentaar ontlok. Daar is nou sprake dat die kunstenaar, Victor Mbatha, die medaljes vir volgende jaar se internasionale All Africa Challenge in Kaapstad sal maak.
Die hoogtepunt van die Wes-Kaapse streekkalender vind in Augustus in Kaapstad plaas tydens die Wes-Kaapse Kampioenskappe waar dan ook streek- en provinsiale kleure toegeken word.

Skermers van so jonk as agt jaar is reeds besig om hard te oefen by die klub. Oefentye is van 14:30 tot 15:15 vir die junior groep, en 15:15 tot 17:00 op Dinsdae en Donderdae by die Voortrekkersaal in George.

Van die skermers wat uitstekend gevaar het, is van links Susan Agrella, Juan Barnard, Mari Folscher, Albert Nothnagel, Louis Marais en Rouxbert Louw.


Van die skermers wat uitstekend gevaar het, is van links Susan Agrella, Juan Barnard, Mari Folscher, Albert Nothnagel, Louis Marais en Rouxbert Louw.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Other News
No place like home as Gilbert targers maiden win
Indonesia advance to Sudirman quarters
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
New cross-country trail
Rooiberg Midwinter trailrun challenge
Slapelose nagte lê vir jaers voor
Indian minister hopes for return to Olympic fold
Evans sets sights on title defence
Jaglisensies nou beskikbaar
Cycling: Injured Vicioso withdraws from Giro: Team
Archive
Latest Sport
Coach Juergen Klopp the mastermind of Dortmund's success
New chairman ready to solve Fiji Rugby's ills
Drie medaljes vir SWD
Lleyton Hewitt, Andreas Seppi beaten at Nice Open
Davies to captain Wales in Japan
No place like home as Gilbert targers maiden win
Toring-tot-toring-gedenkwedloop
England unchanged for second test vs New Zealand
England coach Hodgson: "German footbal incredibly strong"
Royal Trophy set for China debut
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 26 and 32.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 42.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms