George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
ATKV: eerste toekenning in George gedoen
16:00 (GMT+2), Thu, 24 May 2012
ATKV: eerste toekenning in George gedoen
Imizamo Yethu Sekondêre Skool se skoolhoof, Derick Petersen ontvang die ATKV se heel eerste Sterskool-toekenning van die ATKV se besturende direkteur, Japie Gouws. Foto: Christo Vermaak
GEORGE NUUS - Die Afrikaanse taal en Kultuurvereniging (ATKV) se eerste Sterskool-toekenning is aan Imizamo Yethu Sekondêre Skool in Thembalethu, George oorhandig.

Hooggeplaasde bestuurslede van die ATKV het verlede Vrydagmiddag dié toekenning bygewoon. Onder die bestuurslede was Japie Gouws (besturende direkteur: ATKV) en dr. Dany Titus (hoof van die ATKV: kultuur).

In sy toespraak het Gouws gesê die ATKV se een belangrike fokus is onderwys. "Ons fokus nie net op Afrikaanse onderwys nie maar op die hele onderwyssisteem. Ons is bekommerd oor die stand van onderwys in Suid-Afrika en doen 'n beroep op ouers om besighede en kultuurbewegings om betrokke te raak by skole," het Gouws gesê.

Volgens Gouws het Imizamo Yethu se uitstaande verbetering in hul 2011 matriekuitslae, teenoor die 2010 uitslae onder die ATKV se aandag gekom, waarna hulle besluit het om die Stertoekenning aan hulle te oorhandig. Imizamo Yethu se matriekslaagsyfer het van 27% in 2010 na 82% in 2011 gestyg.

Gouws het die skoolhoof, Derick Petersen geloof vir sy goeie bestuursvernuf. "Die ATKV wil u baie geluk wens met hierdie uitstaande prestasie. U is 'n voorbeeld van wat gedoen kan word. Ons gee nie net erkenning aan die skool en wat julle hier vermag het nie maar wil ook die hele George-gemeenskap inlig van 'n Sterskool in hul midde."

Dr. Titus het sertifikate van erkenning aan die ouers en onderwysers van die beste presteerders in elke vak oorhandig.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
More Afghan women jailed for 'moral crimes'
Gautrain prices to go up
Handtoffels vir bejaardes
Bus collides with truck in India, killing 11
Court hears about dagga, vodka
R670 billion needed for water, sanitation
Western Cape parents demand new school
Huge tornado hits Oklahoma City suburb, kills 51
Sanral interdicted over Western Cape tolls
Protest in George on Saturday
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 100.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 40.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms