|
|
Inligtingsessie vir boere word gehou
15:57 (GMT+2), Wed, 23 May 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Boere vanuit ons gemeenskap word genooi na 'n inligtingsessie wat gehou gaan word en waar hul meegedeel gaan word oor hoe hulle by 'n spesiale navoringsprojek betrokke kan raak oor grondgesondheid.
'n Gesonde grond word gedefinieer as die geskiktheid van 'n grond om te kan funksioneer en om dan daardeur plantproduksiepotensiaal en diere-gesondheid te bevorder en omgewingskwaliteit te ondersteun. Gesonde grond is die fondament van enige voedselproduserende sisteem.
In 'n gesonde grond bestaan daar balans tussen die biologiese, chemiese en fisiese prosesse. Hierdie balans word deur bestuurs-praktyke soos grondbewerking, bemesting, beweiding, besproeiing en ander landboupraktyke versteur. Boere is bewus daarvan dat grondgesondheid die produksievermoë van grond bevorder. Die uitdaging is om praktiese metodes te identifiseer wat grondgesondheid bevorder.
'n Omvangryke navorsingsprojek word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou op Outeniqua Navorsingsplaas beplan om grondgesondheid as basis vir weidings in die Suid-Kaap te definieer. Huidiglik bestaan daar geen norme en waardes waaraan grondgesondheid gemeet kan word nie.
Na afloop van ontwikkeling van hierdie waardes, sal die toestand van grond in die Suid-Kaap in terme van grondgesondheid geassesseer word. Die projek sal ook die invloed van bewerkingspraktyke op die gehalte van grond ondersoek. Dit sal die boere in staat sal stel om bestuursbesluite te maak terwyl volhoubaarheid verseker word. 'n Indeks op 'n skaal van 1 tot 100 word ontwikkel wat die boer in staat stel om die status van sy grondgesondheid te bepaal.
Om die projek suksesvol uit te voer word die hulp en samewerking van melkproduserende boere in die Tsitsikamma en Suid-Kaap benodig. Inligtingsessies waar boere meegedeel gaan word oor hoe hulle by die projek betrokke kan raak, word op verskillende dele van die Suid-Kaap gehou. Hier sal die boer ingelig word oor metings wat op hul weidings geneem kan word, metodes van ontledings, die voordele vir die boer en die uitkomste hiervan. Samewerking van melkboere word vereis om van die projek 'n sukses te maak en weidings vir ontledings beskikbaar te stel.
Melkboere vanaf weidings word uitgenooi om en van die sessies by te woon en so deel te word van hierdie belangrike projek in die Suid-Kaap.
Die spesiale datums vir die inligtingsessies is soos volg:
24 Mei 2012 11:00 George Outeniqua Navorsingsplaas
29 Mei 2012 11:00 Riversdal Landmansaal Tuinroete Agri
30 Mei 2012 11:00 Heidelberg SSK Lesingsaal
31 Mei 2012 11:00 Swellendam SSK Lesingsaal
Dié projek is van belang vir die toekomstige fokus op bewaringsboerdery, bewaring van ons natuurlike hulpbronne en aanvaarbaarheid van produkte op die buitelandse mark. Hierdie navorsing sal boere in staat stel om bestuurspraktyke binne die sfeer van grondgesondheid en volhoubaarheid wins-gewind te bestuur. Dis egter onmoontlik om hierdie navorsingsprojek sonder die ondersteuning van die Suid-Kaapse weidingsboere uit te voer.
Vir verdere inligting skakel Pieter Swanepoel of Dr. Philip Botha by 044 803 3700.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 49.
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 38.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 46.
|
|
|
|
|
|
|