|
|
Praktiese beleggingsadvies - doen jou huiswerk
13:42 (GMT+2), Tue, 22 May 2012
|
|
|
LEEFSTYL NUUS - Ons het 'n aandelekenner gevra om vir ons 'n kort kursus oor die kuns van aandelebeleggings saam te stel.
Hierdie week word oorwegings uitgewys wat altyd beleggings in aandele vooraf behoort te gaan.
'n Gesonde aandeelbelegging, in teenstelling met aandelespekulasie, het langtermyn-vooruitsigte as basis. Aangesien die pryse van aandele van tyd tot tyd aansienlik kan wissel as gevolg van veranderende ekonomiese, politieke en ander heersende omstandighede, is aandelebeleggings in die korttermyn meer riskant as byvoorbeeld rentedraende beleggings.
Die geskiedenis van verskillende beleggings oor tyd het egter bewys dat aandele oor die langtermyn egter beter opbrengste lewer as meeste ander tipe beleggings. Dit is derhalwe noodsaaklik dat 'n langtermynsie-ning geneem word wanneer aandelebeleggings oorweeg word en dat fondse wat in die korttermyn van 3 tot 5 jaar benodig word, as 'n algemene reël nie in aandele belê word nie.
'n Voornemende belegger se vermoë om relatief groot skommelinge in aandeelpryse te verdra en te ignoreer is krities in enige aandelebeleggingsbesluit. Selfs baie defensiewe aandele kan van tyd tot tyd groot skommelinge toon. Onverdraagsaamheid, ongeduld en paniek gedurende sodanige periodes kan aanleiding gee tot irrasionele en oorhaastige besluite wat groot finansiële verliese kan meebring.
Die hoofdoel met 'n aandelebelegging is belangrik. Waar 'n gereelde inkomsteopbrengs verlang word sal in meeste gevalle verskillende benaderings benodig word teen-oor 'n mikpunt van hoofsaaklik langtermyn kapitaalgroei. Hierdie oorwegings kan soms bepalend wees in 'n finale besluit of enigsins in aandele belê moet word.
Bereidwilligheid om afstand te doen van volle beheer van 'n belegging, dit wil sê die belegger is bereid om die keuse van aandele en die aankoop en verkoop daarvan in 'n hoë mate of selfs totaal aan die oordeel en handeling van 'n finansiële adviseur oor te laat, of is persoonlike beheer en besluitneming 'n vereiste? Voldoende kennis en voortdurende studie van die mark en die invloede daarop sal in laasgenoemde geval noodsaaklik wees alhoewel dit in eersgenoemde ook baie wenslik geag word.
'n Aandeelbelegging is niks anders as die aankoop van 'n deel (alhoewel gewoonlik klein) van 'n maatskappy nie en die vordering en vertoning van die aandeel is derhalwe afhanklik van die toekomstige prestasie van die maatskappy.
Sy verlede is deel van die geskiedenis met weinig invloed op sy toekomstige vertoning in die mark. 'n Voornemende belegger moet dus besef dat aspekte soos marksegment waarin 'n maatskappy meeding, die gehalte van sy bestuur, sy finansiële posisie, ens. Ens. 'n bepalende rol in sy toekomstige groei sal speel en derhalwe in die waarde en prys van sy aandele.
Dit beklemtoon nogmaals die entoesiasme, toewyding, kennis en gesonde oordeel wat nodig is (en dikwels teen 'n koste verkry moet word) vir suksesvolle beleggings in aandele.
Die faktore en hulpmiddele by die keuse van aandele is 'n onderwerp op sy eie en vir bespreking by 'n volgende geleentheid.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 52.
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 40.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 32 and 52.
I'm a 50 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
|
|
|
|
|
|
|