|
|
Plaaslike leerder in kykNET-sepie
11:57 (GMT+2), Tue, 22 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Jade Phillips
|
GEORGE NUUSFLILTS - 'n Leerder van Hoërskool Outeniqua, Jade Phillips (18) sal eersdaags haar verskyning in die kykNET-sepie 'Binneland' maak.
Dit is een van die pryse wat sy gewen het nadat sy op 19 Mei as die wenner in die jaarlikse toneelfees vir hoërskoolleerders in die Kunstekaap aangewys is. Sy het ook 'n kontantprys ontvang.
Met haar foutlose en energieke vertoning het sy die gehoor, en veral die beoordelaars in die Kunstekaap-teater in vervoering gehad.
"By die skool is ek betrokke by die VRL, die teaterklub, en dan is daar die Geesportefeulje," sê Jade met groot blink oë. So tussen alles deur en die matriekwerk probeer sy hard om nie haar sosiale lewe af te skeep nie, want sy glo balans is belangrik. Sy het bloot haar ma se raad gevolg, meen sy. "Gaan en geniet dit. Doen dit met jou hart!"
En dis presies wat sy gedoen het, verduidelik sy. Sy het groot lof vir haar Dramatiese Kunste-opvoeder, me. Louise Louw vir al die hulp en leiding. Die wen is die bonus.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 36 and 45.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 29 and 49.
I'm a 36 year old woman looking to meet women between the ages of 23 and 45.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 56.
|
|
|
|
|
|
|