George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Bêre jou verfkwas tot nà oordrag
13:22 (GMT+2), Mon, 21 May 2012
LEEFSTYL NUUS - Huisverbeterings is deesdae aan die orde van die dag omdat eienaars kantore, spreekkamers en studio's vir tuisondernemings inrig, of voorsiening maak vir groter gesinne of afgetrede ouers.

Kopers en beleggers teiken ook opsetlik verwaarloosde eiendom wat hulle teen 'n goeie prys kan koop en knap dit dan op om dit leefbaar of herverkoopbaar te maak.

Maar, maan Ester Odendaal, bedryfsbestuurder van Aida National Franchises, talle aanbouings of veranderings word sonder die nodige goedkeuring van plaaslike owerhede aangepak weens ernstige opeenhopings in stadsrade se bepanningsafdelings en - in sommige gevalle - omdat eienaars bykomende grondbelasting wil ontduik.

"En in sekere gevalle begin kopers om veranderinge aan te bring nog voordat die oordrag van die eiendom in hul naam geregistreer is. Dit gebeur dikwels dat 'n koper wat verblyfreg kry terwyl die oordragproses aan die gang is, verkies om nie dadelik in te trek nie maar die tyd te benut om te begin verf, bykomende sekuriteit aan te bring of selfs om 'n ou kombuis of badkamer op te knap.

"Maar hulle moet besef dat enige geld wat hulle bestee sal miskien nie verhaal kan word indien iets met die oordrag skeefloop nie."

Die rede, sê sy, is dat die meeste verkoopsooreenkomste bepaal dat die eiendom in "dieselfde" toestand aan die vorige eienaar oorhandig moet word indien die transaksie skipbreuk ly.

"Dit kan byvoorbeeld meebring dat die gat wat deur 'n oorgretige koper vir 'n nuwe swembad laat grawe is, opgevul moet word en die tuin na sy oorspronklike toestand herstel moet word. Of, indien die huis 'n funksionele - maar ou - kombuis of badkamer gehad het ten tye van die ooreenkoms, mag dit gebeur dat die koper wat reeds met opknapping begin het die projek moet voltooi voordat die eiendom teruggee kan word omdat die eiendom ten tye van die ooreenkoms funksionele geriewe gebied het."

Boonop, sê Odendaal, stipuleer verkoopsooreenkomste gewoonlik ook dat 'n ware "huurtoestand" nie geskep word wanneer 'n koper vroeë verblyfreg van 'n eiendom verkry nie. Dit beteken dat 'n koper geen vergoeding van die aanvanklike eienaar kan eis vir enige aanbouings of verbeterings wat aangebring is voordat die oordrag geregistreer is nie.

As oordrag dus nie plaasvind nie kan die koper vind dat hy 'n klomp geld tot voordeel van die verkoper bestee het.

Sy sê voorts dat mense wat eiendom koop waar 'n kantoor of woonstel reeds ingerig is, moet seker maak dat sulke aanbouings wettig was.

"Indien nie, kan dit tot allerhande regs- en finansiële probleme lei - en dit is nog 'n rede waarom huiskopers net ervare en betroubare eiendomsagente moet aanstel om hul transaksies te behartig omdat sulke agente sal seker maak dat enige aanbouings of veranderings behoorlik beplan is en met die goedkeuring van die plaaslike owerheid gedoen is."

Uitgereik deur Aida National Franchises.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Lifestyle News
Making bracelets
Handtoffels vir bejaardes
Breast cancer: 10 minutes can save your life
Healthy made easy
The bullying factor
Improve knee stability
Almal betrek by Pacaltsdorp se fees
Pensioners save their families billions
What to do in your garden in May!
The four seasons of asthma
Archive
Latest News
Athlete's Comrades medals stolen
Mpumalanga Hawks head faces fraud charge
Vermeende winkeldief vasgetrek
No fly zones considered to curb rhino poaching
SA house price growth: 'Total picture' gives good reason for optimism
Concourt to hand down judgment on magistrate's salaries
City seeks interdict for toilet disrupters
Gunmen kill 12 at Baghdad brothel
Morsi appeals to Egypt opposition for unity
Government shocked by Kleinfontein
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 66 year old man looking to meet women between the ages of 55 and 62.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms