George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
SWD Tennis kies nuwe leiers
06:00 (GMT+2), Fri, 18 May 2012
SUID-KAAP NUUS - Ronnie van't Hof is by die 16de Algemene Jaarvergadering van die SWD-Veterane Tennisvereniging onbestrede tot voorsitter herkies.

Hy is ook voorsitter van die SA Veterane Tennisvereniging. Die sekretaris, Danie Steyl, en twee bykomende lede, Debra Hyde en Elmarie Lategan, is ook herkies. Cathy Gerber van Mosselbaai is tot tesourier verkies.

Van't Hof het in sy voorsittersverslag gesê hy is van mening dat die SWD tans die top veterane-provinsie in die land is en dit toegeskryf aan veral die suksesvolle aanbieding van die gewilde 190-spankompetisie. Volgens hom is dit die bes georganiseerde kompetisie vir veterane.

Die SWD het tans 217 ingeskrewe lede en die vereniging het die afgelope jaar goed gevaar in interprovinsiale toernooie met verskeie spanne wat hulself laat geld het. Die +55-span het vir die eerste keer die A-beker asook 'n suksesvolle SWD Ope in Desember in George gewen.

Een van die streek se voorste spelers, Wimpie Helmand, het by die afgelope nasionale toernooi in Oos-Londen die +35 enkels gewen.

Van't Hof het 'n beroep op spelers gedoen om te sorg dat hulle by Tennis Suid-Afrika (TSA) geregistreer is aangesien geen speler toegelaat sal word om aan toernooie of kompetisies deel te neem nie as hy of sy nie lid van 'n TSA-geaffilieerde klub en by die TSA geregistreer is nie. Hy het ook gewaarsku dat TSA versoek het dat streng opgetree word teen ongeregistreerde afrigters.

Drie spanne van die SWD neem die week in Klerksdorp en Potchefstroom aan die 2012 SA Veterane Interprovinsiale Kampioenskapstoernooi deel.

Die spanne is:

60+: Ronnie van't Hof (kaptein), Hennie van Rooyen, Neil Swart, Maryna Olivier, Elmarie Lategan en Hanle Cronjé.
65+: Tienie Pieterse, Des Sampson, Anton le Roux, Christa Lategan, Dot Robberts en Cathy Gerber.
70+ mansspanne: Colin Halgryn (kaptein) en Trevor Till; Hennie Malan (kaptein) en Garnett Wicomb.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Tennis News
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Madrid court adjourns Tomic case to October
Murray goes second behind Djokovic in ATP rankings
2 SWD-seniorspanne bring goud huis toe
Nadal through, Azarenka out of Madrid
Twee SWD-seniorspanne wen goud
Djokovic eliminated by Dimitrov at Madrid Masters
Tomic's hitting partner calls for father ban
Aussie Tomic's dad says headbutt was defensive
Archive
Latest Sport
ASA provinces call for meeting
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Aussie bowler Tait angry over spot fix claims
Cheetahs are under pressure: Drotske
Celtic aim to end with rare away win
Bradley opening 60 at Nelson with 2 bogeys
New cross-country trail
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Bayern to screen Euro final in Munich arena
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms