|
|
Talle vrygelaat na amnestie
16:02 (GMT+2), Thu, 17 May 2012
|
|
|
GEORGE NUUS - Tronkdeure regoor die Suid-Kaap het Maandag oopgegaan vir 130 veroordeelde misdadigers wat onvoorwaardelik vrygelaat is as deel van die Vryheidsdag-amnestie wat verlede maand deur pres. Jacob Zuma aangekondig is.
Sowat 13 gevangenes is oorgeplaas na gemeenskapskorreksies (Gemkor) waar hulle die res van hul vonnisse onder korrektiewe toesig sal uitdien.
Sedert 30 April tot Maandag 14 Mei is 755 persone in die streek wat onder korrektiewe toesig was, van die stelsel afgehaal en 670 gevangenes wat op parool en onder huisarres was.
Dit sluit in gevangenes van tronke by Uniondale, Beaufort-Wes, Prins Albert, Knysna, Ladismith, George en Mosselbaai.
Alle gevangenes se vonnis is met dié amnestie met ses maande verkort. Gevangenes het ook 'n verdere vermindering van 12 maande gekry, behalwe dié wat gevonnis is vir aggressiewe misdade, seksmisdade en vuurwapen- en dwelmverwante misdrywe. Individue wat as gevaarlik beskou word, word ook nie hierby ingesluit nie. Die amnestie geld ook net vir persone wat voor 27 April gevonnis is en dié wat voor die datum op die korrektiewe toesigstelsel was.
Almal sal 'n vooraf-vrylatingsprogram en assessering deurloop.
Die vrylatingsproses sal oor 10 weke geskied. Die 130 persone wat Maandag onvoorwaardelik vrygelaat is, sluit in vroue, kinders, ouer persone en gestremdes.
Volgende week sal gevangenes wat vonnisse van tot 12 maande uitdien vrygelaat word en daarna persone met vonnisse meer as 12 maande.
In week ses sal gevangenes met vonnis van tussen twee en drie jaar vrygelaat word, week sewe persone met vonnisse tussen drie en vyf jaar en week agt die wat strawwe uitdien van meer as vyf tot sewe jaar. In week nege en tien sal gevangenes met vonnisse van meer as sewe jaar vrygelaat word.
* On Monday 130 prisoners were released from prisons in the Southern Cape following the Freedom Day Amnesty announcement made by President Jacob Zuma last month.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 45.
I'm a 37 year old woman looking to meet men between the ages of 36 and 39.
|
|
|
|
|
|
|