George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Opvolg: Aanklaer beslis oor Maritz
13:24 (GMT+2), Mon, 14 May 2012
GEORGE NUUSFLITS - 'n Senior aanklaer moet nou 'n beslissing maak oor moontlike vervolging in die Maritz-sage waar iemand vir beweerde dronkbestuur in George-onderburgemeester, Daniël Maritz se 'gekamofleerde' motor gevang is.

Die motor se registrasienommers was met swart plastiek bedek en 'n ander motor wat ook aan Maritz behoort se lisensieskyfie was op die motor geplak.

Die provinsiale verkeersdienste het Sondagoggend 29 April omstreeks 04:00 die motor in Yorkstraat voorgekeer en die bestuurder vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.

Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat die man op 25 September in die George-landdroshof sal verskyn.

"Die bedrogsaak is wel na die senior aanklaer verwys vir beslissing om te besluit oor moontlike vervolging," het Pojie gesê. (Die aanklaer moet beslis oor 'n moontlike klag van bedrog oor die vals lisensieskyf.)

Lees 'n vorige artikel hier.

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
GeorgeHeraldEditor says: 15/05/2012 15:13:14
Hi Terence.
Die bestuurder verskyn 25 September in die hof op 'n klag van dronkbestuur. Die aanklaer moet beslis oor 'n moontlike klag van bedrog oor die vals lisensieskyf.
Ons het versuim om hierdie laaste gedeelte in die nuusflits te sit, maar het dit nou bygesit.
Ons vra omverskoning dat dit nie sin gemaak het nie.
Lekker dag!
Groete, Ilse Schoonraad, George Herald-redakteur
terence says: 15/05/2012 10:49:55
So wie gaan op 25 September verskyn, Maritz of die bestuurder? Waaroor gaan die senior staatsaanklaer besluit as daar reeds 'n datum vir die verskyning is? Die artikel is 'n bietjie onduidelik.

Please login at the top of the page.
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 32 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms