George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Bekende ekonoom by ontbyt vir sakevroue
12:00 (GMT+2), Fri, 11 May 2012
Bekende ekonoom by ontbyt vir sakevroue
Dawie Roodt
SUID-KAAP NUUS - Met prysstygings in petrol en elektrisiteit gaan Mei, net soos April, rof wees vir die verbruiker. Tog is die gemiddelde huishouding beter daaraan toe as ‘n jaar gelede.

Dit is die standpunt van Dawie Roodt, ekonoom en finansiele en politieke ontleder.

Sakevroue van die Suid-Kaap kry Woensdag 16 Mei tydens ‘n spesiale ontbyt vir vroue in sakeondernemings by die Hyatt Regency Oubaai Gholfoord & Spa naby George die geleentheid om te hoor hoekom Roodt hierdie standpunt handhaaf.

Roodt is die hoofekonoom by die Efficient Group in Pretoria en is deur die Hyatt Regency Oubaai Gholfoord & Spa, in samewerking met dinamiese sakevrou Mimi Finestone van Interface by Goji, genooi om die gasspreker te wees by die tweede spesiale ontbyt vir sakevroue wat hier aangebied word.

Roodt is die afgelope 20 jaar ‘n ekonomiese en politieke ontleder wat onder andere as ekonoom vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank gewerk. Hy was ook ekonomiese redakteur van Finance Week, wat nou as Finweek bekend staan.

Hy gee Saterdagoggende op KykNET se Ontbytsake belangrike insigte oor die ekonomie wat sakelui in staat stel om wyse besluite te neem onder moeilike finansiele omstandighede.

Tydens die spesiale ontbyt gaan hy sy insigte in wereld- en plaaslike ekonomie met die sakevroue deel. Hy sal ook belangrike inligting oor sakegeleenthede uitlig.

“Dit is die eienaars van die Hyatt se passie om vroue in die sakewereld te bemagtig,” het Finestone gese.

“Dawie, met sy grondige kennis van die ekonomie, is die ideale persoon om vroue leiding te gee oor ekonomiese besluitneming.

“Sakevroue in die Suid-Kaap is werkskeppers wat honderde voorheen werklose vroue bemagtig word.”

Kaartjies vir die ontbyt is beskikbaar teen R140 per persoon, wat ‘n heerlike ontbyt en geskenkpakkie insluit. Die ontbyt begin om 07:30 vir 08:00 en duur tot 10:00.

Kontak Mimi Finestone by 084 583 3144 of vir bespreking of meer inligting.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Southern Cape Business News
NMMU open days
EEAB's intern monitoring system is almost 'unworkable'
A fresh 'Rose' on York
Bicentenary business evening
BOE predicts 'modest, sustained' recovery
Market confidence is on the up, buying now could be the smartest move says Seeff
Search for SA’s supreme office professional
How to handle financial stress
NYDA welcomes R3 billion commitment for young entrepreneurs over next 5 years
Business welcomes new mediation rules
Archive
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 55.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms