George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Super Seniors wen silwer
09:30 (GMT+2), Thu, 10 May 2012
Super Seniors wen silwer
Die twee 70+ mansspanne van die SWD, wat in Potchefstroom aan die 2012 SA Super Senior Tenniskampioenskapppe toernooi deelgeneem het is van links Trevor Till, Colin Halgryn, Garnett Wicomb en Hennie Malan.
SUID-KAAP NUUS - Twee van die vier spanne van die SWD Senior Tennisvereniging wat in Klerksdorp en Potchefstroom aan die 2012 Suid-Afrikaanse Super Seniors Interprovinsiale Tennistoernooi deelgeneem het, het met silwer medaljes huistoe gekom.

Altesaam 46 spanne van 12 provinsies het aan die weeklange toernooi deelgeneem. Die SWD 60+ A-Bekerspan van Ronnie van't Hof (kaptein), Neil Swart, Hennie van Rooyen, Hanlé Cronje, Maryna Olivier en Elmarie Lategan, asook die 70+ A-mansspan, Colin Halgryn (kaptein) en Trevor Till het die goue medaljes net-net misgeloop.

Vir Till was dit 'n besondere toernooi aangesien dit sy 20ste agtereenvolgede een was waaraan hy deelgeneem het. Hy het voorheen vir Grens gespeel voordat hy na die Suid-Kaap verhuis het.

Die 65+ A- Bekerspan van Tierie Pieterse (kaptein), Des Sampson, Anton le Roux, Christa Lategan, Dot Robberts en Cathy Gerber het in die 7de plek geëindig terwyl die 70+ B-mansspan, Hennie Malan (kaptein) en Garnett Wicomb, in die sesde posisie geëindig het na 'n oorwinning oor die Vrystaat en 'n naelskraapse nederlaag teen Kwazulu Natal op die laaste dag van die toernooi.


Die 60+ A Bekerspan met hul silwer medaljes is van links Neil Swart, Elmarie Lategan, Maryna Olivier, Hanlé Cronje, Ronnie van’t Hof (kaptein) en Hennie van Rooyen.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Tennis News
Goeie weer vir tennisveterane
Wiliams extends lead in women's rankings
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Madrid court adjourns Tomic case to October
Murray goes second behind Djokovic in ATP rankings
2 SWD-seniorspanne bring goud huis toe
Nadal through, Azarenka out of Madrid
Twee SWD-seniorspanne wen goud
Djokovic eliminated by Dimitrov at Madrid Masters
Archive
Latest Sport
England coach Hodgson: "German footbal incredibly strong"
Royal Trophy set for China debut
Ernie Els Primary School Championships
Rio victory a dream come true
Indonesia advance to Sudirman quarters
Life after Fergie begins at Moyes arrives
Club to support Falcao's decision
Goeie weer vir tennisveterane
Zondeki calls it a day
Former Wales star Watkins diagnosed with cancer
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 58 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 57.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms