|
|
Fietsryers skitter by kampioenskappe
09:29 (GMT+2), Tue, 08 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Kerrighan Aries jaag voor 'n bondel ryers met die kenmekende helder groen truie van SWD. Hy was die jongste ryer in die span.
|
SUID-KAAP NUUS - Die SWD-fietsryers het goed presteer op die SA baankampioenskappe in Pietermaritzburg waaronder die oud-Springbok, Willie Marx, wat op 74-jarige ouderdom nog drie goue medaljes en 'n silwer ingepalm het.
Marx, 'n sewe maal SA kampioen het weereens bewys dat hy vir niemand hoef terug te staan nie.
Met sy vertonings en vasberadenheid was hy 'n inspirasie vir die jonger ryers. Hy het as jongman in die Oos-Kaap by fietsry betrokke geraak en is deesdae eienaar van Willie Marx Cycles in George.
Daar was 16 ryers, slegs drie ryers bo 18 jaar, wat die SWD verteenwoordig het en hulle het daarin geslaag om 'n allemintige 32 medaljes los te ry waarvan 14 goud was.
Die ryers het ook by verskeie geleenthede vierde plekke behaal en bronsmedaljes met 'n breukdeel van 'n sekonde gemis.
Jaco Nel, 'n paraplegiese ryer kon ook daarin slaag om drie goue medaljes te verseker. In een van die afdelings, die junior span-agtervolging, is beswaar aangeteken teen die uitslag en is die kanse goed dat dit suksesvol in die SWD-ryers se guns sal wees. Fietsry Suid Afrika ondersoek nog die uitslag en dit kan die getal medaljes van SWD tot 36 verhoog.
Na afloop van die byeenkoms is SWD se span aangewys as die beste span by die byeenkoms. Die erkenning is nie net toegeken op grond van prestasies nie, maar ook op grond van die ryers se gedrag, kleredrag, medaljes en transformasie.
Wat hierdie prestasie merkwaardig maak is die feit dat die SWD nie 'n baan het vir sy ryers om op te oefen nie en ook die enigste provinsie is wat nie oor 'n baan beskik nie. Die trotse spanbestuurders was Daclon en Lee Arries en Jade Gerber.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Other
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 25 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 35.
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 55.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 56.
|
|
|
|
|
|
|