George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Super 15 kook steeds
09:28 (GMT+2), Fri, 04 May 2012
NASIONALE NUUS - Die Stormers het vier wedstryde op hulle Australiese toer gespeel en drie daarvan gewen.

Dit was 'n uitstekende vertoning deur 'n span wat met baie beserings gepla is. Die jong manne in die span het beslis hulle kant gebring.

Vandeesweek het hulle 'n loslootjie. Die Brumbies van Jake White het twee wedstryde in Suid-Afrika kom speel, maar speel nou weer tuis op hulle veld in Canberra waar hulle die gedugte Waratahs gaan aandurf. Die Waratahs het ook sover gemengde sukses behaal.

Die Blues het almal vanjaar teleurgestel, maar miskien maak hulle hierdie naweek daarvoor op wanneer hulle teen die Hurricanes in Wellington speel. Self Graham Henry het al 'n handjie kom bysit by die Blues.

Die tweede wedstryd vandag is dié tussen die Rebels en die Bulls, wat nou hulle eerste oorsese wedstryd speel. Op huidige vorm is daar nie 'n manier wat die Rebels hulle kan klop nie, maar snaakser dinge het al gebeur.

Die beleërde Lions het nou ook in Nieu-Seeland aangekom en kom teen een van die topspanne in die kompetisie, die Chiefs, te staan.

Die Chiefs speel hul tweede wedstryd tuis na hultwee wedstryde in Suid-Afrika. Die Highlanders is hierdie naweek in Durban waar hulle teen die Sharks te staan kom. Kom ons kyk of die Sharks ook met hulle kan afreken soos die Stormers gedoen het.

Die Cheetahs het al by tye hierdie jaar skitterende rugby gespeel. Hulle speel op hul tuisveld in Bloemfontein teen die Force en behoort hierdie een te kan wen. Sondag se enigste wedstryd is tussen die sewemalige wenners, die Crusaders, en verlede jaar se wenners, die Reds.

Die Crusaders behoort ook hierdie een te kan deur haak.

Die IPL-krieketreeks storm voort en trek nog steeds rekordskares waar daar ook al 'n wedstryd gespeel word. Oor die naweek is daar op al die dae wedstryde in die middag en aand, ons tyd. Suid-Afrikaners vaar uitstekend in die reeks. Die Portugese Ope-gholftoernooi vind hierdie naweek in Estoril plaas en kan oor die naweek op SuperSport gesien word.

Daar is twee interessante sokkerwedstryde hierdie naweek. Saterdag speel Liverpool teen Chelsea en Son-dag kom die span van Newcastle United teen Manchester City te staan.

Tennis vind in Estoril plaas met die ATP-finaal Sondag. Vir swemliefhebbers is daar 'n lekker verrassing. Die Midmar Mile wat jaarliks naby Howick in KZN gehou word, word vanaand om 22:30 uitgesaai.

ARTIKEL: HENNIE PIETERSEN
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Other News
No place like home as Gilbert targers maiden win
Indonesia advance to Sudirman quarters
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
New cross-country trail
Rooiberg Midwinter trailrun challenge
Slapelose nagte lê vir jaers voor
Indian minister hopes for return to Olympic fold
Evans sets sights on title defence
Jaglisensies nou beskikbaar
Cycling: Injured Vicioso withdraws from Giro: Team
Archive
Latest Sport
Lleyton Hewitt, Andreas Seppi beaten at Nice Open
Davies to captain Wales in Japan
No place like home as Gilbert targers maiden win
Toring-tot-toring-gedenkwedloop
England unchanged for second test vs New Zealand
England coach Hodgson: "German footbal incredibly strong"
Royal Trophy set for China debut
Ernie Els Primary School Championships
Rio victory a dream come true
Indonesia advance to Sudirman quarters
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 49.
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 37.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms