|
|
Tennis kies nuwe leiers
09:00 (GMT+2), Thu, 03 May 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Ronnie van't Hof is by die 16de algemene jaarvergadering van die SWD Veterane Tennisvereniging onbestrede tot voorsitter herkies.
Hy is ook voorsitter van die SA Veterane Tennisvereniging. Die sekretaris, Danie Steyl en twee bykomende lede, Debra Hyde en Elmarie Lategan, is ook herkies. Cathy Gerber van Mosselbaai is tot tesourier verkies.
Van'Hof het in sy voorsittersverslag gesê hy is van mening dat die SWD tans die top veterane-provinsie in die land is en dit toegeskryf aan veral die suksesvolle aanbieding van die gewilde 190-spankompetisie.
Volgens hom is dit die bes georganiseerde kompetisie vir veterane.
Die SWD het tans 217 ingeskrewe lede en die vereniging het die afgelope jaar goed gevaar in interprovinsiale toernooie met verskeie spanne wat hulself laat geld het. D +55-span het vir die eerste keer die A-beker gewen asook nog 'n suksesvolle SWD Ope in Desember in George.
Een van die streek se voorste spelers, Wimpie Helmand, het by die afgelope nasionale toernooi in Oos-Londen die +35 enkels gewen.
Van't Hof het 'n beroep op spelers gedoen om te sorg dat hulle by Tennis Suid-Afrika (TSA) geregistreer is aangesien geen speler toegelaat sal word om aan toernooie of kompetisies deel te neem nie indien hy of sy nie lid van 'n TSA-geaffilieerde klub en by die TSA geregistreer is nie. Hy het ook gewaarsku dat TSA versoek het dat streng opgetree word teen ongeregistreerde afrigters.
Drie spanne van die SWD neem die week in Klerksdorp en Potchefstroom aan die 2012 SA Veterane Interprovinsiale Kampioenskapstoernooi deel.
Die spanne is:
60+: Ronnie van't Hof (k), Hennie van Rooyen, Neil Swart, Maryna Olivier, Elmarie Lategan, Hanle Cronjé.
65+: Tienie Pieterse, Des Sampson, Anton le Roux, Christa Lategan, Dot Robberts, Cathy Gerber.
70+ mansspanne: Colin Halgryn (k) en Trevor Till; Hennie Malan (k) en Garnett Wicomb.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Tennis
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 52 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 55.
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 45.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 52.
I'm a 36 year old woman looking to meet women between the ages of 23 and 45.
|
|
|
|
|
|
|