George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Arende kry weer slae
07:00 (GMT+2), Thu, 26 April 2012
SUID-KAAP NUUS - Soos die volstruise van die Klein-Karoo is die SWD Arende se koppe Saterdag op Oudtshoorn in die grond gedruk toe die WP 'n gekweste tuisspan met 29-14 (14-0) getroef het.

Die Arende het hul staatmakers op die krukkelys duidelik gemis, maar die stryd teen die WP het ook nie sonder 'n prys verloop nie. Vier spelers, Alshawn Bock (nek), Wenstley Scott (enkel), Lehan Koekemoer (harsingskudding) en Hein Potgieter (skouer) is ook in die wedstryd beseer en sal nie Saterdag teen die Grens Bulldogs kan uitdraf nie.

Ten einde die beseerdes se plekke te vul moes van die klubspelers, Danzil Manuel (Groot-Brak), Elrico Beukes (Evergreens) en Schalk Jooste (George), nader getrek word.

Hoewel die Arende moedig voor hul tuisskare vertoon het, het die WP vier keer gaan druk en so ook hul plek in die kwarteindronde van die Vodacombeker-kompetisie bespreek. Die Arende het twee drieë gedruk.

Afrigter Eddie Myners is egter vol vertroue dat sy span heelwat beter teen die Bulldogs sal vaar en hoop dat die kranklikes spoedig sal herstel om die span te versterk.

Vir die WP het Tyronne Holmes, Kurt Coleman, Nic Groom en Rohan Kitshoff gaan druk terwyl Coleman met twee doelskoppe en Dimitri Catrakilis met 'n strafdoel geslaag het.

Die Arende se driedrukkers is Delroy Rhoode en Clinton Wagman met Rhoode wat ook twee doelskoppe behaal het.
Die span vir die Bulldogs-stryd is 15 Deroy Rhoode, 14 Clinton Wagman, 13 Kempie Rautenbach, 12 Jeff Taljard, 11 Baldwin McBean, 10 Cecil Dumond, 9 Johan Herbst, 8 Lyndon Hartnick (k), 7 Buran Parks, 6 Shawn Raubenheimer, 5 Garth le Roux, 4 Danzil Manuel, 3 Anton van der Westhuizen, 2 Xavior Scholtz, 1 Jean Rossouw. Plaasvervangers: 16 Dean Hopp, 17 Schalk Jooste
18 Elrico Beukes, 19 Wayne Khan, 20 Mzo Dyantyi, 21 Antonie Bestwick, 22 Raynor Becker.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Rugby News
Cheetahs are under pressure: Drotske
Kontrakte aan vier by NMMU
Derby in Rosemoor gaan spanne toets
Stormers fined over Super Rugby misconduct
All Blacks training squad for France tests
Vermeulen, Elstadt out for 6 - 8 weeks
Bravo Lounge a welcome retreat for rugby fans
Wallabies warned of pay cuts amid falling revenues
Taai naweek vir klubrugby
George klop Maori's
Archive
Latest Sport
ASA provinces call for meeting
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Aussie bowler Tait angry over spot fix claims
Cheetahs are under pressure: Drotske
Celtic aim to end with rare away win
Bradley opening 60 at Nelson with 2 bogeys
New cross-country trail
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Bayern to screen Euro final in Munich arena
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 56 year old man looking to meet women between the ages of 46 and 66.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms