|
|
Rugbyklub kla oor onsportiewe gedrag
05:00 (GMT+2), Thu, 26 April 2012
|
|
|
GEORGE NUUS - Die George-rugbyklub het 'n formele klag teen Groot-Brakrivier-rugbyklub ingedien ná beweerde onsportiewe gedrag deur hul ondersteuners.
Stephan de Swardt, voorsitter van die George-rugbyklub het in 'n skrywe aan die hoofuitvoerende beampte van die SWD-rugbyvoetbalunie (SWDRVU), Hennie Baartman kennis gegee dat George-rugbyklub die klag indien ná 'n omstrede wedstryd tussen George en Groot-Brak op Saterdag 14 April. Die skeidsregter van die wedstryd word ook deur die George-rugbyklub aangekla oor sy hantering van die betrokke wedstryd.
In De Swardt se skrywe aan die SWDRVU beweer hy dat een van George se spelers blatant deur 'n opponent met die vuis geslaan is voor die lynregter. Toe die skeidsregter die Groot-Brak-speler met 'n rooikaart van die veld gestuur het, het die toeskouers die lynregter wat die insident uitgewys het asook die George-reserwebank met bierbottels gegooi.
"Die skeidsregter moes volgens Boksmart die wedstryd afblaas en opgetree het soos 'n gekwalifiseerde Boksmart-lid, maar dit is deur die skeidsregter uitgewys dat George-rugbyklub die oorsaak van die geweld was," het De Swardt in sy skrywe beweer. Hy het ook bygevoeg dat die skeidsregter aan George-rugbyklub sou gesê het: "Dit is wat gebeur as julle wil vuil speel."
De Swardt vra aan SWDRVU hoekom die wedstryd nie afgeblaas is ten einde die veiligheid van spelers te verseker nie. "Waar was Groot-Brakrivier se sekuriteit tydens hierdie wedstryd en vir hoe lank gaan SWD-rugby vir Groot-Brakrivier oorsien wat hierdie gedrag betref?"
De Swardt het Maandag aan die George Herald gesê hulle het dit oorweeg om uit die liga te onttrek, maar daarteen besluit. "Ons sal voortgaan om goeie en skoon rugby te speel. Ons sal nié die klag wat ons teen Groot-Brakrivier ingedien het, terugtrek nie en ons wag nog op 'n antwoord van die SWDRVU."
Groot-Brak se wedstrydsekretaris, Pietie Smith het in antwoord op George se klagte gesê slegs twee bierbottels is deur 'n ondersteuner gegooi. Hy gee ook die versekering dat die betrokke ondersteuner lewenslank verbied is om enige van Groot-Brakrivier-rugbyklub se aktiwiteite by te woon. Ten opsigte van die vuisslanery het Smith gesê die betrokke Groot-Brak-speler is tydens 'n tugverhoor onskuldig bevind deur Groot-Brakrivier-rugbyklub.
Hennie Baartman het bevestig dat die unie die aangeleentheid ondersoek.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Rugby
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 50.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 50.
I'm a 55 year old woman looking to meet men between the ages of 48 and 59.
|
|
|
|
|
|
|