|
|
Onwettige storting kos miljoene
10:03 (GMT+2), Wed, 25 April 2012
|
|
|
|
|
|
|
Die storting van vullis in Rosemoor reg langs die grensdraad van die Simon van Sirene-kerk (regs in die agtergrond), gee die gemeente hoofbrekens. Foto: Alida de Beer
|
GEORGE NUUSFLITS - Die munisipale belastingbetaler dok jaarliks R8.2 miljoen op om te sorg dat mense wat onwettig vullis stort, se gemors agter hulle opgeruim word.
Sestien spanne wat deur private kontrakteurs bestuur word, sorg dat ons strate skoon gehou word van vullis wat morsjorse agterlaat.
Bykomend hiertoe het die munisipaliteit noodgedwonge 'n permanente span wat met 'n laaigraaf en vragmotor deur die dorp beweeg om onwettige vullishope op oop stukke grond op te ruim.
Hierdie maatreëls, sê Hyron Motha, orrelis van die Simon van Sirene-kerk in Rosemoor, is egter nie voldoende nie. Hy het by die George Herald gekla oor storting van huishoudelike en tuinvullis in 'n oop gebied reg langs hulle kerk se draadheining, in volle aansig van die kerkterrein.
"Ons moet Sondae van seweuur af al begin skoonmaak. Dit gaan al seker drie jaar so aan. Die munisipaliteit kom ruim op, maar die volgende dag is daar nuwe vullis."
Motha, wat verantwoordelik is vir die netheid van die kerkterrein, beskuldig die munisipaliteit daarvan dat hulle nie na voorstelle vir 'n behoorlike oplossing wil luister nie.
Volgens André Smith, direkteur van omgewingsake, kan die munisipaliteit nie voorbly om vullis wat onwettig in woongebiede gestort word op te laai nie.
Lees die volledige artikel in môre se George Herald, asook aanlyn.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
I'm a 52 year old woman looking to meet men between the ages of 53 and 59.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 60.
|
|
|
|
|
|
|