|
|
Nuwe drankwet tree in werking
10:00 (GMT+2), Tue, 24 April 2012
|
|
|
WES-KAAP NUUS - Die nuwe provinsiale drankwet het behoorlik die Wes-Kaapenaars aan die gons.
Die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato het selfs sover gegaan om te sê Wes-Kaapenaars versuip hulle aan drank en dit gaan meer vat as die nuwe provinsiale drankwet om die drankprobleem in die provinsie aan te spreek.
Die Wes-Kaap se drankwet, Wet 4 van 2008, het op 1 April hierdie jaar in werking getree. Hierdie wet het nuwe bepalings en verantwoordelikhede, maar baie dele van die wet het dieselfde gebly.
'n Tydelike dranklisensie word nou deur die polisie en die drankraad hanteer en die aansoek moet ten minste 14 dae voor aanvang van geleentheid ingedien word as gevolg van prosesse wat gevolg moet word.
'n Geleentheidslisensie sal net uitgereik word vir die duur van die geleentheid en behoorlike stawing sal vereis word. Die lisensie voorwaardes sal deur die drankraad bepaal word.
Lisensiehouers sal bestuurders moet aanstel wat deur die drankraad goedgekeur is. Spesifiek waar die lisensiehouer 'n Beslote Korporasie (BK) is.
Geen persoon onder 18 jaar mag in diens geneem word met betrekking tot die verkoop of verskaffing (bediening) van drank behalwe as die persoon bo 16 jaar is en in diens geneem word en opleiding ontvang in die voedselbedryf met betrekking tot voedselverskaffing.
Lees meer oor die drankwet in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 62 year old man looking to meet women between the ages of 55 and 62.
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 55 year old woman looking to meet men between the ages of 48 and 59.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 56.
|
|
|
|
|
|
|