|
|
Vullisdromme: munisipaliteit verduidelik
10:03 (GMT+2), Mon, 23 April 2012
|
|
|
|
|
|
|
Motoriste word versoek om ágter die witstrepe te stop om te verhoed dat die nuwe vullishouers hul uitsig nie belemmer nie.
|
GEORGE NUUS - Die George-munisipaliteit het vandag meer duidelikheid gegee oor die nuwe vullisdromme in George.
Dit volg ná verskeie klagtes ontvang is oor die plasing van die vullishouers, asook die tenderproses daaraan verbonde.
Volgens Ilse Schoonraad, kommunikasiebestuurder van die George-munisipaliteit is die diensverskaffer van die vullishouers Combo Signs.
Volgens Schoonraad is die kontrak geldig vir 36 maande en 350 dromme moet teen einde Junie geplaas wees.
"Straatname word ook op die houers aangebring wat 'n diens aan die dorp is. Die houers word beperk tot die groter sakekern en word nie in woonbuurte geplaas nie."
Volgens die kontrakteur, André Nortjé is daar nie 'n probleem as motoriste binne die wetlike voorskrifte bestuur nie. "As motoriste die padverkeersreëls gehoorsaam en agter die witstreep by 'n stopstraat stilhou, belemmer die houers glad nie die uitsig nie. Dit is in oorleg met die plaaslike verkeersowerhede geplaas," het Nortjé verduidelik.
Die waarnemende verkeershoof, Mario Giewelaar ondersoek ook alle klagtes oor die plasing van die vullishouers.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel oor die vullisdromme hier.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 40.
I'm a 43 year old woman looking to meet men between the ages of 44 and 51.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|