George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Lexus wys spoggerige hibriedmotor
09:00 (GMT+2), Fri, 13 April 2012
Lexus wys spoggerige hibriedmotor
Effens avant-garde met gevorderde tegnologie, maar binne bereik van voornemende kopers - ontmoet die Lexus hibried konsepmotor.
MOTOR NUUS - Lexus het vroeër vanjaar sy nuwe ontwerpkonsep vir 'n hibried-2+2-Sportkoepee by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit onthul. Die LF-LC-konsepmotor word beskou as die grootste verandering in Lexus se geskiedenis, volgens Karl Schlicht, hoofbestuurder van die Lexus-produk- en bemarkingsbeplanningsafdeling.

Die maatskappy se Calty-ontwerpstudio in Newport Beach in Kalifornië is deur die Lexus-sentrum in Japan uitgedaag om 'n toekomstige hibried-sportkoepeekonsep te ontwerp.

Hulle wou dit effens avant-garde laat lyk met gevorderde tegnologie binne wat tog binne bereik van voornemende kopers sou wees.

Die LF-LC het 'n kenmerkende Lexus-spitsrooster en agteraansig. Weelderige kurwes vloei soepel en skep uitlokkende lyne, skadu's en hoeke. Die maaspatroon van die rooster word deur 'n diep aluminiumlys omring en neem 'n driedimensionele vorm aan met praktiese luginlate in die onderste hoeke van die sierrooster. Daglig-ryligte is 'n "L" vorm.

Die sy-aansig van die LF-LC is kragtige en dinamies - ongetwyfeld 'n ernstige bestuurder se motor. Die voertuig se lyne lê klem op rigting en beweging.

Die konsepmotor se glasdak pronk met 'n liggewig voorkoms wat aan moderne argitektuur herinner. In die geheel verbeter die koepelontwerp die bestuurder se uitsig terwyl dit ook 'n bydrae tot die motor se slanke lyne lewer.

TEGNOLOGIE

Verskillende analoog- en LCD-tegnologieë is in lae voor die bestuurder geplaas. Die onderste laag vertoon die temperatuur, brandstoftenkinhoud en die agtergrond vir die eko-meter. Die middelste vlak behels die ritmeter en meganiese inligting. Die heel boonste vlak huisves aanwysers vir die toereteller, spoedmeter en ekometer.

Oppervlakke regdeur die kajuit is 'n kombinasie van sagte, gladde leer en seemsleer met geborselde metaalafwerking en houtinsetsels. Die ligte renmotor-tipe voorste sitplekke het verskillende lae en herhaal die kontoere wat die binnekant van die kajuit kenmerk. Die ren-tipe stuurwiel is ook baie lig en het ingeboude kontroles en 'n aansitterknop.

Die agterwielaangedrewe LF-LC waarvan die enjin in die snoet gemonteer is, pronk met Lexus se gevorderde hibriedaandrywing, wat vir skitterende ryverrigting sowel as brandstofdoeltreffendheid sorg.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Southern Cape Motoring News
Ford's eWheelDrive has designs on the urban car of the future
How airbags work
Motoring tip of the week
Mercedes-Benz workers on strike
Mazda donates to Honorary Rangers
Motoring tip of the week
Goodyear plant achieves highest audited quality scores
Shaun Tait gaan bande laat sing
Citroën enters minibus taxi market
Award for Chrysler SA
Archive
Latest News
Voting kicks of with special votes
Man hangs dogs from tree
Ford's eWheelDrive has designs on the urban car of the future
Moore tornado a rarity: Experts
SARS-like victim dies in Tunisia
Northwest miners wounded
Carl Pistorius elated about acquittal
11 rhinos poached in KZN
Malawi sells president's jet
Opvolg: Waterval-rowers gearresteer
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms