|
|
Motoriste omgekrap oor vullisdromme
10:00 (GMT+2), Thu, 12 April 2012
|
|
|
|
|
|
|
Op die hoek van Kerk- en Courtenaystraat is een van die nuwe vul-lishouers so geplaas dat motoriste oor die wit streep moet ry om aankomende verkeer te sien. Foto: Pauline Lourens
|
GEORGE NUUS - Nuwe driehoekige vullishouers op straathoeke in George bedreig plek-plek motoriste se uitsig. Verskeie Georgiete kla dat die plasing van dié dromme 'n resep vir motorongelukke is.
André Smith, Direkteur van Omgewingsake by die George-munisipaliteit het gesê die munisipaliteit het jare gelede besluit om vir die netheid van die dorp vullishouers op strategiese plekke in die sentrale en ander besige gebiede te plaas.
"Die driehoekige vullisdromme is 'n vervanging van die groen plastiekdromme wat voorheen gebruik is.
Die verskaffers van die vullisdromme vergoed ook die munisipaliteit vir plasing daarvan en mag op hul beurt weer die advertensieruimte op die drom verkoop. Die dromme word in oorleg met die munisipale verkeersafdeling geplaas. Dit kan egter ook verskuif word as die plasing probleme veroorsaak," het Smith gesê.
Die waarnemende verkeershoof, Mario Giewelaar sou gister met die kontrakteur wat die vullisdromme installeer, vergader om 'n inspeksie van die dromme te reël. Alle dromme wat die uitsig belemmer of obstruksie veroorsaak, sal geskuif word.
Probleemgevalle kan aangemeld word deur die verkeersafdeling te skakel by 044 878 2400.
"Die Direktoraat Omgewingsake se vereiste is dat die kontrakteur die vullishouers moet plaas in oorleg met die verkeersafdeling, juis om sulke situasies te verhoed," het Giel Goosen van die George-munisipaliteit gesê.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 52.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
I'm a 71 year old woman looking to meet men between the ages of 69 and 80.
|
|
|
|
|
|
|