Translate to: 

Verbruikers het wel 'n stem

19
Die afgelope week het ek eerstehands uiters swak diens op Riversdal ervaar.
 
Buiten dat dit mens se bloed laat kook, is daar tog wetgewing wat die verbruiker beskerm teen sulke voorvalle indien jy die regte proses volg. Hoewel ek nie die verbruikersraad se roete gaan volg nie, het die persoon my besigheid verloor.
 
Sedert die Verbruikerswet in April 2011 in werking getree het, het verbruikers 'n beter voet om op te staan. Kortliks kan die wet saamgevat word dat elke kliënt die reg het op gelykheid in die verbruikersmark, die reg op privaatheid en beskerming teen diskriminerende bemarking.
 
Die kantoor van die Verbruikers Beskermer (VB) is hoofsaaklik gestig as 'n provinsiale verbruikersbeskermings-agentskap wat daarop gemik is om toegang, inligting, opvoeding en regstelling daar te stel vir verbruikers binne die provinsie, wat moontlik verbruikersverwante dispute mag hê.
 
Dit bestaan uit sub-direktorate: Klagte bestuur, verbruiker opvoeding en bemarking, asook die verbruikerstribunaal.
Die kantoor voer sy mandaat uit om op te tree as 'n verbruikersbeskermings-agentskap met die doel om 'n regverdige, doeltreffende en deursigtige arena te skep vir verbruikers, besighede, asook ekonomiese burgers, insluitende kleinsake.
 
Die VB se kantoor dien as aanklaer namens verbruikers by die Verbruikers Tribunaal om sodoende hul klagtes te besleg en is dit 'n spesiale hof spesifiek vir die doel.
 
Stappe om 'n klag in te dien:
Met verbruiker verwante navrae word die volgende stappe aanbeveel om dit op te los:
 
• Keer terug na die besigheid en kyk of jy dit nie self kan uitklaar nie. Identifiseer jou probleem en staaf dit met bewyse, soos byvoorbeeld die beskadigde item, die kontrak of kwitansie.
• Bewaar die oorspronklike dokumente en werk waar nodig met afskrifte.
• Wees duidelik oor hoe jy jou klagte opgelos wil hê en probeer eers om dit direk uit te klaar met die persoon verantwoordelik, soos die winkelbestuurder of verbruiker verteenwoordiger.
• Hou notas van die stappe wat jy geneem het om jou klagte aan te spreek, asook met wie jy gepraat het en op watter datum die gesprek(ke) plaasgevind het.
• Maak 'n daadwerklike poging om die dispuut self uit te klaar, maar indien dit nie werk nie, kontak die kantoor van die Verbruikers Beskermer.
 
Verbruiker Beskermer kontakbesonderhede: Kontak die kantoor tolvry by 0800 007 081 of stuur 'n faks na 021 483 5872 of per e-pos na consumer.Protector@westerncape.gov.za
12:21 (GMT+2), Wed, 01 February 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

A new chapter in the beloved 'Ring' horror franchise. A young woman becomes...
Belle (Emma Watson), a bright, beautiful and independent young woman, is...
Saban's Power Rangers follows five ordinary teens who must become something...
Emma le Roux is on her way home to the family farm in the Great Karoo....
Bodi (Luke Wilson), a wide-eyed Tibetan Mastiff, is expected to become the...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Do you think you neighbourhood watch is effective in combating crime?
Yes
George Herald 81%
No
George Herald 7%
I don't think there is a neighbourhood watch in my area
George Herald 12%
Men
Women
Search
I'm a 41 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 100.