Translate to: 

Die verskil tussen Zuma en Geingob

19
Die afgelope paar jare is die Zuma en Nkandla-debat goed deurgetrap in die media en deur landsburgers. Ek het die afgelope vakansie my hartsland, Namibië besoek en was dit opvallend hoe dié Afrika-land uitstaan bo ander.
 
Met die verbyry by die ampswoning van Hage Geingob, president van Namibië in Windhoek het die vraag by my ontstaan wat die verskil is tussen dié woning en Suid-Afrika se omstrede Nkandla.
 
Terwyl Suid-Afrikaners se sakke geskud is vir Nkandla, het die Staatshuis Namibiërs nie 'n sent gekos nie. Dit is tussen September 2000 en Maart 2008 gebou deur die Sjinese regering as geskenk aan die Namibiese volk teen 'n bedrag van N$400 miljoen. Geingob se woning met woonplek vir personeel en sekuriteitspersoneel beslaan 25ha wat omring is met 'n twee kilometer staalheining.
 
Daar is landingsplek vir twee helikopters, asook woonplek vir amptelike gaste. Die perseel word goed onderhou en trek die onderskeie beelde van wilde diere dadelik die aandag. Op elke hoek is 'n toring vir sekuriteit. Die verskil tussen Nkandla en dié Staatshuis is dat Geingob begeleide toere toelaat. Die Staatshuis is vir heelwat Namibiërs 'n trots waar dit uitkyk oor die hoofstad van die land, Windhoek.
Zuma is onpopulêr terwyl Geingob geliefd is onder landsburgers en het slegs eén vrou in plaas van die vier vroue waarmee Zuma getroud is (hy was al ses keer getroud - een vrou het gesterf en een het van hom geskei). Geingob is in 2015 met Monica Geingos getroud en het dié eerste dame reeds landsburgers beïndruk.
 
Sy stel haar privaat telefoonlyn een keer per week oop vir 'n uur wanneer jongmense haar kan kontak vir advies oor seks, swangerskap en seksuele oordraagbare siektes. Die Geingob-egpaar is betrokke by hul landsburgers en stel hul belange eerste - geen duur oorsese reise of verblyf nie - plat op die aarde mense wat daadwerklik 'n verskil maak.
 
Volgens berigte in die Namibiese pers het Geingob nie sy dogter se troue bygewoon nie omdat sy uit die stam getrou het, maar het hy wel die gevraagde Lobola betaal en een van sy ministers gestuur om hom by die troue te verteenwoordig.
 
In Namibië word wetteloosheid dadelik aangespreek, infrastruktuur word onderhou en lyk al die paaie splinternuut. Geingob gee gehoor aan landsburgers, terwyl Zuma verhewe is bo die gewone landsburger.
 
In Suid-Afrika is die Zuma-debat reeds tot vervelens toe geopper - of hy dit ooit sal regkry om respek terug te win is 'n omonwonde nee. Wat Nkandla betref sal dit waarskynlik nooit oopgestel word vir landsburgers om te besoek nie. Nkandla en Zuma sal waarskynlik aangeteken word in die anale as een van die grootste kopsere wat ons land nog beleef het.
08:20 (GMT+2), Mon, 16 January 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

A new chapter in the beloved 'Ring' horror franchise. A young woman becomes...
Belle (Emma Watson), a bright, beautiful and independent young woman, is...
Saban's Power Rangers follows five ordinary teens who must become something...
Emma le Roux is on her way home to the family farm in the Great Karoo....
Bodi (Luke Wilson), a wide-eyed Tibetan Mastiff, is expected to become the...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Do you think you neighbourhood watch is effective in combating crime?
Yes
George Herald 81%
No
George Herald 7%
I don't think there is a neighbourhood watch in my area
George Herald 12%
Men
Women
Search
I'm a 59 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 29 and 45.