Translate to: 

Soms lê die storie op 'n ander plek

6
Die mooi of die hartseer van 'n storie lê dikwels in die alledaagse dinge wat om ons plaasvind en ongesiens verbygaan.
 
Verlede week was daar 'n brand in 'n informele nedersetting, maar die inwoners kon daarin slaag om die vlamme met emmers en tuinslange te blus voordat die hele plakkershut in puin was.
 
Een kamer en een bed het in die slag gebly. Ons doen wat ons gewoonlik doen; neem foto's en praat met die mense en met die wegstap sien ons die vlieërs teen die blou somerlug.
 
Twee swartes en 'n witte met bont plastieksaksterte wat hoog bo die stofvlakte en die mistroostige warm sinkhuisies al hoër en hoër klim. Ek en Liezl stap tussen plakkershutte en oor klipperige amperstrate tot by die groep kinders wat om die drie 'vlieëniers' saamdrom.
 
Soos wat die drie hulle vlieërs behendig hanteer en om mekaar stap om te keer dat die toue verstrengel raak en terselfdertyd seker maak dat die kameras hulle vang, word die groepie al groter. Binne 'n paar minute is ons omring deur omtrent 20 stowwerige kinders, party geklee in slegs onderbroekies en almal wil in die foto wees.
 
Van iewers af kom nog twee outjies skugter nader met vlieërs wat heelwat kleiner is en nie heeltemal so lugwaardig is soos die drie hoofvlieëniers s'n nie en 'n entjie weg probeer 'n seun sy vlieër wat van 'n polistireenhouer gemaak is, onsuksesvol in die lug kry.
 
Ons neem foto's en die kinders lag en beduie en gee die vlieëniers raad en vir 'n paar minute onder die helder blou lug in die stof van Rose Valley waar elke dag se kos 'n ongewaarborgde luuksheid is, is ek skielik weer klein.
 
Ek onthou hoe ek op die garage se dak gestaan het en soos die seuntjie met die polistireen-poging probeer het om my vlieër die lug te laat inseil. Dit was 'n gekoopte vlieër met 'n prent van 'n Amerikaanse arend daarop gedruk.
 
'n Oorsese arend wat geweier het om die lug bokant Roodepoort aan te durf en terwyl ek na die kinders kyk wonder ek of my arend nie beter sou gevlieg het as ek hom 'n stert van stukkende Shoprite en Checkers-sakke gegee het nie.
 
En ek wonder ook of die wind wat oor Rose Valley waai dalk spesiaal gestuur is om vir 'n middag 'n klompie kinders se aandag af te trek van omstandighede waaraan hulle bitter min kan doen.
 
DEUR HANNES VISSER
15:07 (GMT+2), Wed, 07 December 2016
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

A new chapter in the beloved 'Ring' horror franchise. A young woman becomes...
Belle (Emma Watson), a bright, beautiful and independent young woman, is...
Saban's Power Rangers follows five ordinary teens who must become something...
Emma le Roux is on her way home to the family farm in the Great Karoo....
Bodi (Luke Wilson), a wide-eyed Tibetan Mastiff, is expected to become the...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Do you think you neighbourhood watch is effective in combating crime?
Yes
George Herald 81%
No
George Herald 7%
I don't think there is a neighbourhood watch in my area
George Herald 12%
Men
Women
Search
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 36 and 49.
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 50.