Translate to: 

Red 7 lewens

19
Orgaanskenking is ‘n sensitiewe, maar ‘n belangrike saak wat lewens kan red. Jou hart, lewer en pankreas kan drie lewens red en jou niere en longe nog vier. Met kornea, vel, been en hartkleppe kan jy 'n verdere 50 lewens red... mits jy al geregistreer het as orgaanskenker.
 
In 2012 voer ek 'n onderhoud met Carina van Nierop (19) en haar familie. Sy het sedert 2011 gewag op 'n hart-dubbel-longoorplanting, maar het op 6 Januarie 2013 haar stryd verloor teen die seldsame siekte, Mediastinale Fibrose en Pulmonale Hipertensie. Toe Carina se storie my pad gekruis het, het ek besluit om as orgaanskenker te registreer. Sedertdien het Albertus Scholtz (reeds 20 jaar 'n hartoorplanting ontvanger), Frans de Beer, asook Tommie en Valerie Prins se stories ook uit my pen gevloei.
 
Frans (48) is op 16 Junie 2014 oorlede aan nierversaking. Alhoewel hy wel 'n orgaan vanaf sy suster kon kry vir 'n nieroorplanting, het sy hart te veel skade opgedoen vir so 'n operasie. Hierna is beide sy bene geamputeer weens swak bloedsomloop en kon hy ook nie kunsbene ontvang nie. Regdeur al die beproewing was hy altyd positief.
Albertus woon op Stilbaai en is 'n hartoorplanting-pasiënt. In 2013 was sy hart 20 jaar oud en sy gesondheid goed. Op 22 Junie 1993 het hy 'n tweede lewe ontvang na 'n volledige hartoorplanting wat in 'n sewe uur operasie in die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplant is.
 
Tommie en Valerie se storie lees soos 'n liefdesverhaal uit sprokiesboeke. Die egpaar is 'n uitsondering en is hul liefde en deursettingsvermoë tot die uiterste beproef toe hy met kategorie 5 nierversaking gediagnoseer is en 'n nieroorplanting benodig het. Sy het nie gehuiwer nie. Wonder bo wonder was sy 'n geskikte skenker en het sy 'n nier aan hom geskenk tydens 'n operasie in Kaapstad. Vandag gaan dit goed met altwee en is beide gesond.
 
Alle orgaanskenkings word hanteer deur die Stigting vir Orgaanskenking en hul koördineerders wat met orgaanontvangers- en skenkers werk. Jy kan nie jou organe aan ‘n spesifieke persoon skenk nie (behalwe lewendige skenkings soos niere) of orgaanwerwing vir jouself doen nie. Orgaan oorplanting is vandag ‘n baie suksesvolle prosedure en word as roetine gesien. Altesaam 21 verskillende organe en weefsel word daagliks suksesvol oorgeplant. Orgaanontvangers kan verwag om jare by hul leeftyd te voeg nadat dit ontvang is. Alhoewel daar met rasse skrede vordering gemaak is met orgaanoorplanting, is organe steeds skaars en mense skepties om skenkers te word.
 
Indien jy meer wil uitvind oor hoe om 'n weefselskenker te word, kan jy die Nasionale Weefselbank tolvry by 0800 872663 of die Orgaanskenkingstigting tolvry by 0800 22 6611 skakel. Nasionale orgaanskenkingstigting se webwerf by www.odf.org.za
13:37 (GMT+2), Wed, 21 September 2016
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Baywatch follows devoted lifeguard Mitch Buchannon (Dwayne Johnson) as he...
When the child Arthur’s father is murdered, Vortigern (Jude Law),...
It's 2002. Four friends are having a braai on the Sunday after Johannes...
Set to the all-new sonic backdrop of Awesome Mixtape #2, Marvel Studios"...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
Where do you buy your fruit and vegetables?
I always shop at a specific store
George Herald 66%
At any shop that stocks what I'm looking for
George Herald 31%
From roadside sellers
George Herald 3%
Men
Women
Search
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 60.
I'm a 56 year old man looking to meet women between the ages of 39 and 59.